Tamatie-klipkabeljou

Die tamatie-klipkabeljou (Cephalopholis sonnerati) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese gebied, die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. Dit is een van die visse wat meer volop in die riwwe aflandig van Oos-Afrika is. In Engels staan die vis bekend as die Tomato rockcod.

Tamatie-klipkabeljou
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Cephalopholis
Spesie:
C. sonnerati
Binomiale naam
Cephalopholis sonnerati
(Valenciennes, 1828)

Identifikasie

Die vis word tot 57 cm lank. Die kleur van die vis wissel van helderrooi tot bruin-grys met groot wit kolle wat oral op die kop, lyf en vinne voorkom, behalwe die pektorale vinne. Die kop se profiel is effens konkaaf. Die vis het die vermoĆ« om sy kleur vinnig te kan verander, afhangende van sy omgewing.

Hulle leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 12 tot 100 m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kom ook in pare voor. Die tamatie-klipkabeljou vreet klein vissies en skaaldiere.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

  1. Cabanban, A.S., Myers, R., Yeeting, B., Pollard, D., Kulbicki, M. & Fennessy, S. 2008. Cephalopholis sexmaculata. In: IUCN 2013. IUCN Red List of Threatened Species. Version 2013.1.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.