Tallium

Tallium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Tl en atoomgetal 81. Tallium is genoem ná die Griekse thallos wat "groen skiet/takkie" beteken. Tallium is in 1861 deur William Crookes ontdek. Nes die soortgelyke lood is die sagte, grys metaal uiters giftig.

81 kwik Tallium lood
In

Tl

Nh
Algemeen
Naam, simbool, getal Tallium, Tl, 81
Chemiese reeksHoofgroepmetale
Groep, periode, blok 13, 6, p
VoorkomsSilwerwit
Atoommassa[204.382, 204.385]
konvensioneel: 204.38 g/mol
Elektronkonfigurasie[Xe] 4f14 5d10 6s2 6p1
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 18, 3
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)11.85 g/cm³
Smeltpunt577 K
(304 °C)
Kookpunt1746 K
(1473 °C)
Smeltingswarmte4,14 kJ/mol
Verdampingswarmte165 kJ/mol
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurseskantig-diggepak
RuimtegroepP6/mmc  nommer: 194
Strukturbericht-kodeA3
Oksidasietoestande3, 2, 1, −1, −2, −5[1]
Elektronegatiwiteit1,62 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 589,4 kJ/mol
2de: 1971 kJ/mol
3de: 2878 kJ/mol
Kovalente radius145±7 pm
Diverse
Magnetiese rangskikkingDiamagneties[2]
Elektriese resistiwiteit(20 °C) Ω·m
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 46,1 W/(m·K)
CAS-registernommer7440-28-0
Geskiedenis
Genoem naGrieks thallos
("groen skiet/takkie")
Ontdek deurWilliam Crookes
Ontdek1861
Vernaamste isotope
Isotope van tallium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
203Tl 29,5% Tl is stabiel met 122 neutrone
204Tl sin 3,78 j β
ε
0,764
0,347
204Pb
Hg
205Tl 70,5% Tl is stabiel met 124 neutrone
Portaal Chemie

Produksie

Gekorrodeerde tallium-staaf
Kristalle van hutchinsoniet (TlPbAs5S9)

Tallium is nie seldsaam nie. Dit kom met ongeveer 0,4 dpm in die aardkors voor en word veral as byproduk van die ontginning van sinksulfied (sinkblende) verkry wat as grondstof vir swaelsuurproduksie gebruik word. Die fyn stof bevat Tl2O of Tl2SO4, maar partykeer ook kadmium, telluur, seleen, indium en germanium. Die talliumverbindings kan opgelos en gesuiwer word. Uit die gesuiwerde produk word talliummetaal deur elektrolise vrygestel. Daar is ook minerale wat tallium bevat soos crookesiet (Cu,Tl,Ag)2Se en lorandiet Tl2As4S4.[3]

Gebruik

Tallium word in glase met 'n lae smeltpunt (125–150 °C) en in bepaalde allooie gebruik. 'n Legering met lood is goed bestand teen sure. 'n Allooi met kwik het 'n smeltpunt van -60 °C en word in die poolgebiede in termometers en ander instrumente gebruik.[3]

'n Ander toepassing is in talliumhoudende keramiese supergeleiers. Byvoorbeeld Tl2Ca2Ba2Cu3O10 het 'n kritieke temperatuur vir supergeleiding by 125 K.

Ione

Tallium kan Tl3+ en Tl+-ione vorm, maar die 1+ ioon is belangriker en die 3+-ioon is 'n sterk oksidant. Tallium vorm ook komplekse anione soos Tl11−13 met 'n gevulde dodekaedriese struktuur in verbindings met die alkalimetale soos Na3K8Tl11.[4]

Verwysings

  1. Dong, Z.-C.; Corbett, J. D. (1996). "Na23K9Tl15.3: 'n Ongebruikte Zintl saamgestelde bevat oënskynlike Tl57−, Tl48−, Tl37− en Tl5− Anions". Inorganic Chemistry. 35 (11): 3107–12. doi:10.1021/ic960014z.
  2. Lide, D. R., red. (2005). "Magnetic susceptibility of the elements and inorganic compounds". CRC Handbook of Chemistry and Physics (PDF) (86ste uitg.). Boca Raton (FL): CRC Press. ISBN 0-8493-0486-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2011. Besoek op 17 Februarie 2019.{{cite book}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  3. Chemistry of Aluminium, Gallium, Indium and Thallium, A.J. Downs, Springer Science & Business Media, 1993, ISBN 0-7514-0103-X, ISBN 978-0-7514-0103-5
  4. The Group 13 Metals Aluminium, Gallium, Indium and Thallium: Chemical Patterns and Peculiarities, Simon Aldridge, Anthony J. Downs, John Wiley & Sons, 2011, ISBN 0-470-97668-3, ISBN 978-0-470-97668-5

Eksterne skakels

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.