Tahaa

Tahaa is ’n atol in die Benedewindse Eilande van die Geselskapseilande in Frans-Polinesië, ’n Franse oorsese gebied in die Stille Oseaan.

Bora Bora, Tahaa en Raiatea vanuit die ruimte gesien.
Tahaa
Inheemse naam: Taha’a

Die ligging van Tahaa (in rooi) in die Benedewindse Eislande.
Geografie
LiggingStille Oseaan
Koördinate16°37′S 151°30′W
ArgipelGeselskapseilande

Administrasie
Sien teks.
Oorsese gebiedFrans-Polinesië

Demografie
Bevolking5 000

Ligging in die Geselskapseilande.

Beskrywing

Die eiland en die naburige Raiatea word deur dieselfde koraalrif omring en hulle was dalk op ’n tyd een eiland. Tahaa het 5 000 bewoners wat in ’n gebied van 90,2 km2 woon, en het ’n maksimum hoogte van 590 m bo die seevlak.

Tahaa en sy klein eilandjies kan van Raiatea af per boot en vlerkprou bereik word. Ná die kort vaart word reisigers afgelaai op ’n eilandstrand met ’n klein strandmeer en in die verte ’n uitsig op Bora Bora. Dié dele van die Geselskapseilande is minder ontwikkel.

Administrasie

Tahaa en die omringende eilandjies is administratief ’n munisipaliteit van die Benedewindse Eilande. Dit bestaan uit:

  • Faaaha
  • Haamene
  • Hipu
  • Iripau
  • Niua
  • Ruutia
  • Tapuamu
  • Vaitoare

Die administratiewe sentrum is Patio.

Vanieljevervaardiging

Op die eiland word 70-80% van alle Frans-Polinesiese vanielje vervaardig. Dit is vanweë die sterk reuk van vanielje ook bekend as Vanielje-eiland. Verder is hier pêrels van besonder hoë gehalte.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.