Taffie Kikillus

Taffie Kikillus (soms ook Taffy Kikillus; ca. 1927 – 22 September 2014) was 'n Suid-Afrikaanse akteur, musikant en komponis.

Taffie Kikillus
Geboortenaam Johann Gustav Kikillus
Geboorte ~1927
Sterfte 22 September 2014
Milnerton, Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, klavierspeler, komponis
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Kikillus het vanaf sy derde lewensjaar klavier speel en het op veertien begin om musiek te komponeer. Hy het sy eie orkes by die Universiteit van Stellenbosch gehad. Hy was ook verantwoordelik vir die eerste klavier-langspeelplaat in Suid-Afrika, genaamd Taffie plays for you. [1]

Kikillus het in verskeie Afrikaanse rolprente opgetree. Hy is veral bekend vir sy rol in films soos Gevaarlike spel (1962), Fratse in die vloot (1958) en Donker Afrika (1957).

Hy is op 22 September 2014 op 87-jarige ouderdom aan komplikasies ná ’n beroerte in die Mediclinic Milnerton oorlede. Hy laat sy vrou, Rhona en 3 seuns, Marais, Karl en Igon agter.[2]

Filmografie

As akteur

As komponis

As homself

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.