Tadmoer

Tadmoer (Arabies: تدمر; ook gespel Tadmor; in baie tale bekend as Palmyra) is ’n stad in Sentraal-Sirië in die Homs-goewernement. Dit is in ’n oase in die middel van die Siriese Woestyn geleë, sowat 215 km noordoos van die hoofstad, Damaskus[1] en 180 km suidwes van die Eufraatrivier. Die antieke ruïnes van die antieke stad Palmyra, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, is sowat 500 m suidwes van Tadmoer.[2] Die stad is relatief geïsoleer; die naaste nedersettings is Arak in die ooste, al-Sukhnah in die noordooste, Tiyas in die weste en al-Qaryatayn in die suidweste.

Hierdie artikel handel oor die moderne stad naby die ruïnes van die antieke Palmyra (ook Tadmoer genoem). Vir ’n artikel oor die antieke terrein, sien Palmyra.
Tadmoer

تدمر
Stad
Die moderne stad Tadmoer.
Die moderne stad Tadmoer.
Koördinate: 34.56°N 38.2672°O / 34.56; 38.2672
Hoogte
405 m (1 329 ft)
Bevolking
Sensus 2004
  Totaal51 323

Tadmoer is die administratiewe hoofstad van die Tadmoerdistrik en die Tadmoersubdistrik. Die stad het in 2004 ’n inwonertal van 51 323 gehad.[3] Tydens die Siriese Burgeroorlog het die stad se inwonertal aansienlik toegeneem vanweë vlugtelinge uit ander dele van die land.[4]

Naam

Beide die antieke en moderne stad is in baie tale algemeen bekend as Palmyra. In Arabies is albei stede bekend as Tadmoer.

"Tadmor" is die Semitiese en eerste bekende naam van die stad; dit is in die eerste helfte van die 2de millennium v.C. gebruik.[5] Die oorsprong van die naam is nie duidelik nie; volgens die Nederlandse filoloog Albert Schultens kom dit van die Semitiese woord vir "dadels" (tamar),[6][7] wat verwys na die palmbome om die stad.

Die naam "Palmyra" het in die vroeë 1ste eeu n.C. in die werk van Plinius die ouere verskyn[5][8] en is in die Grieks-Romeinse wêreld gebruik.[7] Volgens Schultens het die Romeine die naam na "Palmura" verander (van die Latynse woord palma ("palm").[5] Daarna is die naam na "Palmyra" verander.[7][9] Dit kan ook ’n Griekse vertaling van "Tadmor" wees (as ’n mens aanneem dit beteken "palm"), soos Jean Starcky, ’n Franse priester en redakteur van die Dooie See-rolle, glo.[5]

Geskiedenis

In 1929 het Henri Arnold Seyrig, die direkteur-generaal van oudhede in Sirië, die ruïnes van Palmyra begin opgrawe en die dorpenaars oorreed om na die nuwe dorp Tadmoer te verskuif wat daarnaby deur die Franse gebou is.[10] Die verskuiwing is in 1932 voltooi[11] en die antieke terrein was gereed vir opgrawings.[10]

Op 13 Mei 2015 het die ekstremistiese militante groep Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) die moderne dorp aangeval en die vrees laat ontstaan dat hulle die historiese terrein sal verwoes.[12] Op 18 Mei het ISIL die antieke terrein oorgeneem.[13]

Verskeie monumente is sedertdien deur ISIL verwoes, en hulle het na berig word plofstowwe om Palmyra geplant.[14][15][16]

Verwysings

  1. Syria uncovers 'largest church' BBC News Online, 14 November 2008. URL besoek op 2008-11-16.
  2. Carter, Terry (2008). Syria and Lebanon 3. Lonely Planet. ISBN 1741046092.
  3. General Census of Population and Housing 2004 Geargiveer 20 Desember 2012 op Wayback Machine. Central Bureau of Statistics (CBS). Homs Governorate.
  4. Barnard, Anne; Saad, Hwaida (20 Mei 2015). "ISIS Fighters Seize Control of Syrian City of Palmyra, and Ancient Ruins". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 20 Mei 2015.
  5. Yoël L. Arbeitman (1988). A Linguistic Happening in Memory of Ben Schwartz: Studies in Anatolian, Italic, and Other Indo-European Languages. p. 238.
  6. A. Murtonen (1989). Hebrew in Its West Semitic Setting: A Comparative Survey of Non-Masoretic Hebrew Dialects and Traditions, Deel 1. p. 445.
  7. Richard Stephen Charnock (1859). Local Etymology: A Derivative Dictionary of Geographical Names. p. 200.
  8. Yoël L. Arbeitman (1988). A Linguistic Happening in Memory of Ben Schwartz: Studies in Anatolian, Italic, and Other Indo-European Languages. p. 248.
  9. Richard Stephen Charnock (1859). Local Etymology: A Derivative Dictionary of Geographical Names. p. 201.
  10. Diana Darke (2010). Syria. p. 257.
  11. Richard Stoneman (1994). Palmyra and Its Empire: Zenobia's Revolt Against Rome. p. 12.
  12. "Palmyra: Will ISIS bulldoze ancient Syrian city?" (in Engels). CNN. 18 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 18 Mei 2015.
  13. "Islamic State fighters capture Iraqi town, purges opponents in Syria's Palmyra" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 29 Mei 2015.
  14. "Islamic State fighters blow up two burial sites at Palmyra" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 4 Julie 2015.
  15. Romey, Kristin; 02, National Geographic PUBLISHED July. "ISIS Destruction of Ancient Sites Hits Mostly Muslim Targets". National Geographic News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2018. Besoek op 4 Julie 2015.{{cite web}}: CS1 maint: numeric names: authors list (link)
  16. "ISIL blows up ancient shrines near Syria's Palmyra". www.aljazeera.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2020. Besoek op 4 Julie 2015.

Bibliografie

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.