Ta Prohm

Ta Prohm (Khmer: ប្រាសាទតាព្រហ្ម prasat taprohm) is die moderne naam van ’n tempel in Angkor, Kambodja, wat in die laat 12de en vroeë 13de eeu in die Bayon-styl gebou is en oorspronklik Rajavihara (Khmer: រាជវិហារ) geheet het. Dit is sowat 1 km oos van Angkor Thom geleë en is deur die Khmer-ryk se koning Jayavarman VII[1]:125[2]:388 laat bou as ’n Boeddhistiese klooster en universiteit.

Ta Prohm
’n Tetrameles nudiflora groei tussen die tempelgeboue van Ta Prohm.
’n Tetrameles nudiflora groei tussen die tempelgeboue van Ta Prohm.
Koördinate13°26′06″N 103°53′21″O
Plaaslike naam ប្រាសាទតាព្រហ្ម
LandVlag van Kambodja Kambodja
SoortTempel
StreekSiem Reap
Oppervlakte40 100 ha
Geskiedenis
StigterJayavarman VII
Gestig1186 (voltooi)
TydperkMiddeleeue
KultureKhmer-ryk
Unesco-wêrelderfenisgebied
Deel vanAngkor
TipeKultureel
Kriteriai, ii, iii, iv
Verwysing668
Inskripsie1992 (16de sessie)
ToestandBedreig (1992-2004)
Streek†Suidoos-Asië
Beskrywing*Angkor
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Unesco het Ta Prohm in 1992 as ’n wêrelderfenisgebied gelys. Anders as die meeste tempels van Angkor is Ta Prohm in feitlik dieselfde toestand as toe dit ontdek is: Die fotogeniese en atmosferiese kombinasie van bome wat uit die ruïnes groei en die woudomgewing maak dit een van Angkor se gewildste tempels onder toeriste. Die bewaring en restorasie is ’n gesamentlike projek van die Argeologiese Opname van Indië en die Gesag vir die Bewaring en Bestuur van Angkor en die Streek Siem Reap.[3]

Verwysings

  1. Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, London: Weidenfeld & Nicolson, ISBN 9781842125847
  2. Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2012. Besoek op 24 Julie 2018.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.