TSV Uetersen
53°41′8.82882″N 09°40′42.1526″O
Volledige naam | Uetersener Turn- und Sportverein von 1898 e.V. |
Stigtingsdatum | 3 Februarie 1946 |
Tuisveld | Rosenstadion, Uetersen |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
TSV Uetersen is 'n sportklub uit Uetersen in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Uetersen vorm deel van die Hamburg metropolitaanse gebied en die klub speel om hierdie rede in die Hamburg-ligas. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir basketbal, boks, handbal, judo, swem, dans, tafeltennis, gimnastiek en vlugbal.
Die klub is op 3 Februarie 1946 gestig as 'n samesmelting van die voor-oorlogse klubs Uetersener Turnerschaft (gestig in 1884 en teen 1909 as Turnverein Eintracht bekend), Freie Turnerschaft Uetersen (in 1900 gestig as Arbeiterturnverein Jahn Uetersen) en Rasensport Uetersen von 1926 (in 1926 gestig as opvolger vir Sportverein Uetersen von 1912). Die “1898” in die naam verwys waarskynlik na die jaar waarin begin is om reëlings te tref rondom die stigting van Arbeiterturnverein Jahn Uetersen.
Die klub het tans (status: 2009) ongeveer 2 800 lede en is die grootste sportklub in Uetersen.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Verwysings
- Dr. Ernst Brütt, Gehard Scharfenstein: Sport in Uetersen, Uetersen: Verlag C.D.C. Heydorn, 1997
- TSV Uetersen: 100 Jahre TSV Uetersen, 1998-1998 (Sport Schafft Freundschaften) (1998)
Eksterne skakels
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |