TSG Wörsdorf
TSG Wörsdorf is 'n sportklub uit Idstein in die deelstaat Hessen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir gimnastiek, tafeltennis, voetslaan, dans, vlugbal en atletiek. Wörsdorf is 'n stadsdeel van Idstein.
Volledige naam | Turn- und Sportgemeinschaft 1887 e.V. Wörsdorf |
Stigtingsdatum | 8 Julie 1887 |
Tuisveld | Stadion Wallbacherstraße, Idstein |
Kapasiteit | 3 000 |
Kompetisie | Oberliga Hessen |
Die klub is as die gimnastiekklub Turnverein Wörsdorf gestig op 8 Julie 1887. Die sokkerafdeling is in 1921 opgerig en het 'n jaar later onafhanklik geword as Sportverein 1922 Wörsdorf. Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub weer met die moedervereniging saamgesmelt. Teen 1950 het die klub vir 'n kort tydjie as Turn- und Sportgemeinschaft Wörsdorf/Taunus bekendgestaan voordat die huidige naam aangeneem is.
Die klub se grootste prestasie was om die Oberliga Hessen te haal in 2001.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
- Amptelike klubwerf Geargiveer 18 Junie 2007 op Wayback Machine
Oberliga Hessen 2007/08-seisoen | |
FC Beiere Alzenau - Viktoria Aschaffenburg - KSV Baunatal - SV Darmstadt 98 - SV Buchonia Flieden - |