TASCAM

TASCAM (amptelike skryfwyse) is die professionele klankafdeling van die Japannese TEAC Corporation[1] wat sy hoofkwartier in Montebello in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het.

Die draagbare bandopnemer Tascam PortaStudio 424 MKII
TASCAM 85 16B analoogmultibaanbandopnemer met 16 klankbane wat op 'n eenduimband opgeneem kan word
TASCAM
Tipe Dogtermaatskappy
Gestig 1971
Hoofkantoor Montebello, CA, Verenigde State
IndustrieProfessionele oudiotoerusting
MoedermaatskappyTEAC Corp., Tokio, Japan
WebwerfTASCAM

Tascam het bekendheid verwerf in professionele oudiokringe as die ontwikkelaar van PortaStudio, die eerste kassetbandgebaseerde multibaanopnemer vir tuisateljees. Die onderneming het daarnaas die eerste massavervaardigde laekoste-multibaanopnemer met Simul-sync-sinchronisasie ontwikkel wat op musici gemik was wat self opnames in tuisateljees wou maak. Ander oudioprodukte, wat deur Tascam vervaardig is, het bandopnemers en klankmengers vir tuisopnemers ingesluit wat vanaf die vroeë 1970's tot en met die middel van die 1990's bemark is.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.