T20I-wêreldbeker 2024
Die T20I-wêreldbeker 2024 (Engels: 2024 ICC Men's T20 World Cup) word van 1 tot 29 Junie 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië beslis.[1] Dit is die negende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste kriekettoernooi nog in die Verenigde State, terwyl Wes-Indië voorheen die 2010-toernooi aangebied het.[2] Die vyf Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago, asook Guyana en die Verenigde State tree gesamentlik as gashere van dié toernooi op, meer as by enige ander T20I-wêreldbekertoernooi. Dit is ná die Krieketwêreldbeker 2007 en die T20I-wêreldbeker 2010 die derde groot kriekettoernooi in Wes-Indië.
![](../I/ICC_Men's_WorldTwenty20_trophy.jpg.webp)
![]() |
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
![]() |
![]() Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2024 | |
Datums | 1 Junie – 29 Junie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | ![]() ![]() |
Deelnemers | 20 (83 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 55 |
← 2022 2026 → |
Die T20I-wêreldbeker 2024 is die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die 16 van die vorige vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 20 deelnemende nasionale krieketspanne is: Die twee gashere (die Verenigde State en Wes-Indië), die agt beste spanne van die vorige toernooi (Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika), saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 14 November 2022 (Afghanistan en Bangladesj) en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie.[3] In Julie 2023 het Ierland en Skotland die twee Europese plekke bepreek, terwyl Papoea-Nieu-Guinee die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-plek bespreek het. In Oktober 2023 het Kanada as Amerikaanse kwalifiseerder gevolg en een maand later Nepal en Oman as Asiatiese kwalifiseerders, asook Namibië en Uganda as Afrikakwalifiseerders. Engeland is die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2022 gewen het.
Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 word 55 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die eerste rondte, twaalf in die Super Agt, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne word in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Agt, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die agt beste spanne van die T20I-wêreldbeker 2024 sal saam met die twee gashere van die 2026-toernooi regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2026 in Indië en Sri Lanka kwalifiseer.
Toewysing
Die T20I-wêreldbeker 2024 is deur die Internasionale Krieketraad in November 2021 aan die Verenigde State en Wes-Indië toegewys.[4] Ná jare se voorbereidings is ’n gemeensame bod deur Krieket Wes-Indië en VSA Krieket as deel van ’n strategiese ooreenkoms tussen dié twee beheerliggame ingedien.[5] Die IKR beoog om met die toernooi die “Verenigde State op die internasionale krieketkaart te plaas”.[6] Die toernooi is aan Noord-Amerika toegewys, omdat dié vasteland deur die wêreldbeheerliggam as een van die hoofgroeimarkte beskou word en hulle die doel gehad het, om die sport in die land te vertoon, waar die Olimpiese Somerspele 2028 beslis word, waartydens vir die eerste keer T20I-krieket ’n Olimpiese sportsoort sal wees.[7] Die T20I-wêreldbeker 2024 is een van vyf groot internasionale toernooie wat die Verenigde State binne een dekade sal aanbied, saam met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 (saam met Kanada en Meksiko), die Olimpiese Somerspele 2028, die Rugbywêreldbeker 2031 en die Vrouerugbywêreldbeker 2033.[8][9][10]
In Oktober 2022 is berig dat die IKR VSA Krieket van sy regte as medegasheer ontneem het, nadat dié beheerliggaam steeds nie aan die IKR se finansiële protokolle voldoen het nie en kommer uitgespreek het oor VSA Krieket se finansiële situasie, insluitende ’n tekort aan sowat $650 000. Volgens verwagtinge sal dit egter nie die aanbieding van wedstryde in dié land raak nie.[11]
Deelnemers
Kwalifisering
Aan die T20I-wêreldbeker 2024 sal 20 spanne kan deelneem.[12] Die volgende twaalf spanne het regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2024 gekwalifiseer: Die twee gashere (Verenigde State en Wes-Indië), die agt beste spanne van die vorige T20I-wêreldbeker 2022 (Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika) en die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 14 November 2022 (Afghanistan en Bangladesj).[13] Indien die Verenigde State en Wes-Indië die 2022-toernooi nie onder die beste agt spanne kon afsluit nie sou dit beteken dat die twee beste ongekwalifiseerde spanne op die IKR se T20I-ranglys vir die 2024-toernooi kwalifiseer; sou een van die twee gashere onder die beste agt spanne wees, sou hul plek aan die naasbeste ongekwalifiseerde span gaan, indien nodig.[14] Die oorblywende agt plekke is tydens plaaslike kwalifiseringstoernooie bespreek, met twee spanne elk uit Afrika, Asië en Europa, saam met een span elk uit die Amerikas en die Oos-Asië-Pasifiek-streek.[15] In Mei 2022 het die IKR die plaaslike kwalifiseringstoernooie vir Europa, Oos-Asië-Pasifiek en Afrika bevestig.[16] Aangesien reeds vyf Asiatiese spanne vir die T20I-wêreldbeker 2024 gekwalifiseer en tydens die Asiatiese kwalifisering Nepal en Oman twee bykomende plekke bespreek het, is dit die eerste internasionale kriekettoernooi nog, waaraan sewe Asiatiese spanne deelneem. Dit is ook die eerste T20I-wêreldbekertoernooi met drie spanne uit die Amerikas en Afrika elk, asook vier Europese spanne. Nes die medegasheer die Verenigde State is Kanada die tweede nuweling uit die Amerikas.
Ierland en Skotland het die twee Europese kwalifiserende spanne geword, nadat hulle dié streek se kwalifisering in Julie 2023 onderskeidelik in die eerste en tweede plek afgesluit het.[17] In dieselfde maand het Papoea-Nieu-Guinee die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-kwalifisering gewen.[18] In Oktober 2023 het Kanada die Amerikaanse kwalifisering gewen en vir die eerste keer vir ’n T20I-wêreldbekertoernooi gekwalifiseer.[19] Een maand later het Nepal en Oman die Asiatiese kwalifisering se eindstryd gehaal en sodoende vir die toernooi gekwalifiseer.[20] In dieselfde maand het Namibië en Uganda die twee Afrikaplekke bespreek. Namibië kon vir sy derde agtereenvolgende toernooi kwalifiseer, nadat hulle die Afrikakwalifisering onoorwonne afgesluit het,[21] terwyl Uganda vir sy eerste internasionale kriekettoernooi nog kon kwalifiseer.[22] In dié proses het albei spanne onder andere die volle lid Zimbabwe en Kenia geklop; vir Uganda was dit die eerste oorwinning nog oor ’n volle lid, waarmee Zimbabwe die enigste lid met dié status is wat die T20I-wêreldbeker 2024 misloop. Daarbenewens het Uganda ná die volle lede Suid-Afrika en Zimbabwe, asook die assosiaatlede Namibië en Kenia die vyfde Afrikaland geword wat vir ’n internasionale kriekettoernooi kon kwalifiseer.
Kwalifiserende spanne
![](../I/2024_Mens_T20_World_Cup_Participating_nations.svg.png.webp)
Gasheer
Agt beste spanne van die 2022-toernooi
Gekwalifiseer deur die IKR se T20I-ranglys
Wenner van die plaaslike kwalifisering
Nie gekwalifiseer nie
Nie deelgeneem nie
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
![]() |
Gasheer | Negende | 2022 | Kampioen (2012, 2016) |
![]() |
Eerste | – | Debuut | |
![]() |
Regstreeks | Negende | 2022 | Kampioen (2021) |
![]() |
Negende | 2022 | Kampioen (2010, 2022) | |
![]() |
Negende | 2022 | Kampioen (2007) | |
![]() |
Sesde | 2022 | Tweede rondte (2014, 2022) | |
![]() |
Negende | 2022 | Naaswenner (2021) | |
![]() |
Negende | 2022 | Kampioen (2009) | |
![]() |
Negende | 2022 | Kampioen (2014) | |
![]() |
Negende | 2022 | Halfeindrondte (2009, 2014) | |
![]() |
T20I-ranglys op 14 November 2022 |
Sewende | 2022 | Tweede rondte (2016, 2021, 2022) |
![]() |
Negende | 2022 | Tweede rondte (2007, 2014, 2016, 2021, 2022) | |
![]() |
Europese kwalifisering | Agtste | 2022 | Tweede rondte (2009, 2022) |
![]() |
Sesde | 2022 | Super Twaalf (2021) | |
![]() |
Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-kwalifisering | Tweede | 2021 | Eerste rondte (2021) |
![]() |
Amerika-kwalifisering | Eerste | – | Debuut |
![]() |
Asiatiese kwalifisering | Tweede | 2014 | Eerste rondte (2014) |
![]() |
Derde | 2021 | Eerste rondte (2016, 2021) | |
![]() |
Afrikakwalifisering | Derde | 2022 | Super Twaalf (2021) |
![]() |
Eerste | – | Debuut |
Stadions
In April 2023 het Krieket Wes-Indië ’n deeglike bodproses begin vir lande in die Karibiese gebied en die Verenigde State wat wedstryde van die T20I-wêreldbeker 2024 wil aanbied.[23]
In Julie 2023 het die Internasionale Krieketraad vier plekke in die Verenigde State op die kortlys geplaas: Fort Lauderdale (Sentrale Browardpark), Morrisville (Church Street Park), Dallas (Grand Prairie-stadion) en New York (Van Cortlandtpark); waarvolgens die toernooi in tien stede dwarsdeur Wes-Indië en die Verenigde State beslis sou word.[24] Die mense en amptenare van die Bronx-gemeenskap het protes aangeteken teen die beplande krieketstadion by Van Cortlandtpark, waarvolgens die IKR besluit het om pleks daarvan ’n krieketstadion by Eisenhowerpark te bou.[25][26]
Op 20 September 2023 het die Internasionale Krieketraad drie Amerikaanse stede vir die toernooi goedgekeur: Fort Lauderdale (Sentrale Browardpark), Dallas (Grand Prairie-stadion) en New York (Eisenhowerpark).[27] Die IKR het besluit om ’n tydelike modulêre stadion, Eisenhowerparkkrieketstadion met ’n kapasiteit van 34 000, in Eisenhowerpark in Nassau County in New York op te rig en gelyktydig die kapasiteit vir die bestaande stadions in Fort Lauderdale en Dallas te verdubbel deur modulêre stadionoplossings soos sitplek-, media- en premium-gasvryheidsareas uit te brei.[28][29][30]
Op 22 September 2023 het die Internasionale Krieketraad die sewe gasheerlande in die Karibiese gebied aangekondig: Antigua en Barbuda, Barbados, Dominica, Guyana, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago.[31] Jamaika was die enigste lid van Krieket Wes-Indië wat geen bod vir die aanbieding van wedstryde tydens die T20I-wêreldbekertoernooi ingedien het nie; die Jamaikaanse minister van jeug, sport en kultuur, Olivia Grange, het ’n bod op kostegronde uitgesluit.[32]
In November 2023 is aangekondig, dat op Queen’s Park-ovaal in Trinidad en Tobago, dié land se grootste krieketstadion, geen wedstryde tydens die toernooi beslis sal word nie en die hier beplande wedstryde geskuif sal word na Brian Lara-krieketakademie in San Fernando. Nigel Camacho, die Queen’s Park-krieketklub se president, het aangekondig dat die stadion pleks daarvan opwarmingswedstryde voor die toernooibegin sal hou. Daarbenewens het Dominica se regering sy bod onttrek, waarvolgens op Windsorpark geen wedstryde sal plaasvind nie, en die stadion se vertraagde opknapping aangevoer.[33][34]
Vroeg in Desember 2023 het verteenwoordigers van beide die IKR en CWI ’n tweede inspeksie in die Karibiese gasheerlande en die plekke in die Verenigde State gedoen, waarvolgens hulle die gasheerplekke afgekondig het.[35][36] Op 17 Januarie 2024 het die IKR die beplande ontwerp onthul van die modulêre stadion in New York, genoem Internasionale Krieketstadion Nassau County, wat volgens verwagtinge teen einde Mei 2024 klaar sal wees.[37]
St. John’s, ![]() |
Bridgetown, ![]() |
Georgetown, ![]() |
---|---|---|
Sir Vivian Richards-stadion | Kensington-ovaal | Providencestadion |
![]() |
![]() |
![]() |
17°06′11.8″N 61°47′5.5″W | 13°6′18.18″N 59°37′21.29″W | 6°48′29.40″N 58°8′59.54″W |
Kapasiteit: 10 000 | Kapasiteit: 28 000 | Kapasiteit: 20 000 |
Gros Islet, ![]() |
San Fernando, ![]() |
Kingstown, ![]() |
Beausejourstadion | Brian Lara-krieketakademie | Arnos Vale-stadion |
![]() |
![]() |
![]() |
14°04′14.00″N 60°55′53.95″W | 10°17′48″N 61°25′47″W | 13°8′30.7″N 61°12′42.5″W |
Kapasiteit: 15 000 | Kapasiteit: 15 000 | Kapasiteit: 18 000 |
Dallas, ![]() |
Fort Lauderdale, ![]() |
New York, ![]() |
Grand Prairie-stadion | Sentrale Browardpark | Int’l Krieketstadion Nassau County |
![]() |
![]() |
![]() |
32°46′5.59″N 96°59′10.86″W | 26°8′23.85″N 80°11′55.28″W | 40°44′4.94″N 73°34′23.01″W |
Kapasiteit: 15 000 | Kapasiteit: 40 000 | Kapasiteit: 34 000 |
Plekke in die Klein-Antille |
Plekke in die Verenigde State |
Plekke in Guyana |
Formaat
Die T20I-wêreldbeker 2024 word oor 29 dae tussen 20 verskillende nasies oor 55 wedstryde beslis. Dit begin op 1 Junie 2022 op Grand Prairie-stadion, Dallas, Texas, met die openigswedstryd tussen die medegasheer die Verenigde State en Kanada. Die toernooi eindig op Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados, op 29 Junie met die eindstryd, waartydens die wenner die T20I-wêreldbekertrofee sal inpalm.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2022 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Eerste rondte en Super Agt
Die T20I-wêreldbeker 2024 sal deur 20 nasionale krieketspanne beslis word. Die spanne sal in vier groepe van vyf spanne elk verdeel word. Elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span vier wedstryde in die eerste rondte speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van elke groep dring na die Super Agt deur.[38]
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word. Dit sal van toepassing wees in alle fases van die toernooi.
Die Super Agt sal deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis word, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep sal speel, dus sal elke span drie wedstryde in die Super Agt speel. Die kwalifisering sal gegrond wees op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd.[39] Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal word.
2024-effek op 2026-kwalifisering
Die agt beste spanne van die 2024-toernooi (saam met die 2026-gashere Indië en Sri Lanka) sal regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2026 kwalifiseer.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die Super Agt. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde word in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 5 Januarie 2024 bekend gemaak.[40]
Eerste rondte
20 spanne sal aan die eerste rondte deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die Super Agt deurdring.[41][42][43]
Groep A
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
Groep B
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
Groep C
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
Groep D
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
![]() |
0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
Super Agt
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Agt spanne sal aan die Super Agt deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die uitklopfase deurdring.[24][40][43]
Groep 1
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
A1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
B2 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
C1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
D2 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
Groep 2
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
A2 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
B1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
C2 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
D1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
26 Junie – Georgetown, Guyana | ||||||
Wenner Groep 1 | ||||||
Naaswenner Groep 2 | 29 Junie – Bridgetown, Barbados | |||||
Wenner Halfeindstryd 1 | ||||||
27 Junie – San Fernando, Trinidad en Tobago | Wenner Halfeindstryd 2 | |||||
Wenner Groep 2 | ||||||
Naaswenner Groep 1 |
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-wêreldkampioen 2024 |
---|
Eindstrydwenner |
Verwysings
- (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. 16 November 2021. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "2024 T20 World Cup: USA granted automatic qualification". BBC. 12 April 2022. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Anirudh Singh (7 November 2022). "Here's how 12 teams earned direct qualification for ICC Men's T20 World Cup 2024". Cricket Times. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Dhruv Barot (16 November 2021). "Cricket West Indies and USA Cricket hail successful joint bid to host ICC Men's T20 World Cup in 2024". VSA Krieket. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Archie Little (19 Januarie 2023). "ICC Inspects USA Venues For Cricket's T20 World Cup". Boxscore. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "International Olympic Committee approves cricket and four other sports for 2028 Games in Los Angeles". Sky Sports. 16 Oktober 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Dominic Grainger (30 September 2022). "Helping sports to cross the Atlantic". WPP. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Raheem Bashir (12 Mei 2022). "USA Rugby: 2033 Women's Rugby and 2031 Rugby World Cup Hosts". Last Word On Sports. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Matt Hardy (20 April 2023). "US and Mexico launch bid for 2027 football Women's World Cup". City A.M. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Peter Della Penna (2 Oktober 2022). "USA cricket running afoul of ICC financial protocols". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Twelve teams to get automatic entry into 2024 men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 10 April 2022. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Daniel Beswick (21 Julie 2022). "Denmark, Italy one step from T20 World Cup 2024 as Europe qualification continues". Internasionale Krieketraad. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Qualification pathway for marquee ICC events confirmed". Internasionale Krieketraad. 10 April 2022. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Qualification pathway for ICC Men's T20 World Cup 2024 announced". Internasionale Krieketraad. 31 Mei 2022. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Ireland and Scotland seal their place in 2024 Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 27 Julie 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Papua New Guinea qualify for 2024 Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 27 Julie 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Dhaliwal, Sana star as Canada qualify for T20 World Cup for the first time in their history". ESPNcricinfo. 8 Oktober 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Nepal and Oman qualify for 2024 men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 3 November 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Namibia seal their spot in 2024 T20 World Cup". ESPNcricinfo. 28 November 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Zimbabwe fail to qualify for 2024 T20 World Cup; Uganda make it". ESPNcricinfo. 30 November 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Caribbean countries invited to join Carnival of Cricket and deliver world class host venues as CWI prepares to stage major global event". Krieket Wes-Indië. 3 Mei 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Nagraj Gollapudi (28 Julie 2023). "Next Men's T20 World Cup set to be played from June 4 to 30, 2024". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Jonathan Custodio (22 Augustus 2023). "Dozens of Bronx Groups Object to 34,000-Seat Cricket Stadium in Van Cortlandt Park". The City. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Dana Rubinstein (20 September 2023). "New York City Loses Contentious Bid for Cricket Stadium to Long Island". The New York Times. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Three USA venues locked in for ICC Men's T20 World Cup 2024". Internasionale Krieketraad. 20 September 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "ICC confirms New York as venue for Men's T20 World Cup 2024". Cricbuzz. 20 September 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Dallas, Florida and New York confirmed as hosts of ICC Men's T20 World Cup 2024". Internasionale Krieketraad. 20 September 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "ICC Men's T20 World Cup 2024 Modular Stadium Fact Sheet" (PDF). Internasionale Krieketraad. 20 September 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Caribbean, USA venues confirmed as ICC Men's T20 World Cup 2024 heads to the west". Internasionale Krieketraad. 22 September 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "2024 T20 World Cup: 'Cost-benefit analysis' convinced Jamaica to not bid to host games". ESPNcricinfo. 25 September 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Dominica pulls out of hosting T20 World Cup matches". ESPNcricinfo. 23 November 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Roneil Walcott (26 November 2023). "No T20 World Cup games at Oval: Brian Lara venue to host all fixtures". Newsday. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "ICC Men's T20 World Cup West Indies & USA 2024: CWI and ICC on Two-Week inspection of match venues". Krieket Wes-Indië. 5 Desember 2023. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Simon Burnton (14 Desember 2023). "New York to host India v Pakistan clash in 2024 T20 World Cup". The Guardian. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Nagraj Gollapudi (17 Januarie 2024). "ICC confirms New York's Eisenhower Park will not host international games before T20 WC". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Daniel Beswick (21 November 2022). "New format, new location: How the 2024 T20 World Cup will look". Internasionale Krieketraad. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Martin Smith (2 Junie 2021). "ICC announces major changes to World Cup schedule". Krieket Australië. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "Groups, fixtures confirmed for ICC Men's T20 World Cup 2024". Internasionale Krieketraad. 5 Januarie 2024. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Amar Mehta (20 November 2022). "T20 World Cup 2024: Who will host and how will the new format work?". Sky Sports. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) "ICC announces new format for T20 World Cup 2024". A Sports. Besoek op 25 Februarie 2024.
- (en) Tim Wigmore (4 Januarie 2024). "Exclusive: First look at draw for 2024 T20 World Cup". Daily Telegraph. Besoek op 25 Februarie 2024.