T20I-wêreldbeker 2021
Die T20I-wêreldbeker 2021 (Engels: 2021 ICC Men's T20 World Cup) is van 17 Oktober tot 14 November 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die sewende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit was die eerste toernooi wat amptelik T20I-wêreldbeker genoem is, met al die vorige toernooie waarna as Wêreldtwintig20 verwys is.[3] Dié toernooi sou oorspronklik van 18 Oktober tot en met 15 November 2020 in Australië aangebied word,[4] maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit na 2021 uitgestel[5] met Indië as die nuwe gasheer, terwyl die volgende T20I-wêreldbeker 2022 aan Australië toegewys is.[6] As gevolg van die pandemiesituasie in Indië is die 2021-toernooi in Junie 2021 na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, met 17 Oktober tot 14 November as die nuwe datums.[7] Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka, die 2014-toernooi in Bangladesj en die 2016-toernooi in Indië was dit die vierde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi wat deur Asiatiese lande gehou is. Die T20I-wêreldbeker 2021 het vyf en ’n half jaar ná die vorige T20I-wêreldbeker 2016 plaasgevind, die langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie nog.
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2021 | |
Datums | 17 Oktober – 14 November |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Twaalf en uitklopfase |
Gashere | Oman Verenigde Arabiese Emirate |
Kampioen | Australië (1ste titel) |
Naaswenner | Nieu-Seeland |
Deelnemers | 16 (71 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 45 |
Bywoning | 378 895 (8 420 per wedstryd) |
Speler van die reeks | David Warner |
Meeste lopies | Babar Azam (303)[1] |
Meeste paaltjies | Wanindu Hasaranga (16)[2] |
← 2016 2022 → |
16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem: Die nege beste toetskrieketlande (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan en Nieu-Seeland het Engeland geklop, waardeur twee spanne in die eindwedstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie.[8] Daarbenewens het vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis dié twee Oseaniese spanne – en twee van die Suidelike Halfrond – in die eindstryd ontmoet. Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015 asook tydens die Kampioenetrofeë in 2006 en 2009 was dit Australië se agtste internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel. Die medegasheer Oman is reeds in die eerste rondte uitgeskakel, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate nie vir dié toernooi gekwalifiseer het nie.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2021 aangewys, maar die toernooi is later aan Oman en die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig. Indië het egter steeds as nominale gasheer aangebly. Dit was die eerste internasionale kriekettoernooi wat in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied is, asook die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur geassosieerde lede van die IKR gehuisves is.[9]
Deelnemers
Kwalifisering
Die nege beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het saam met die gasheer Indië regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer. Van dié tien spanne is die beste agt spanne in die Super Twaalf geplaas.[10][11] Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer: Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië (gasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as beste volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer.[12] Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Namibië en Papoea-Nieu-Guinee het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem. Vir Papoea-Nieu-Guinee was dit die eerste deelname aan ’n vername IKR-toernooi nog,[13][14] terwyl Namibië voorheen aan die Krieketwêreldbeker 2003 deelgeneem het. Nadat Zimbabwe weens politieke inmenging deur die Internasionale Krieketraad geskors is, het hulle nie in aanmerking vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2021 gekom nie.[15]
In Augustus 2021 is kommer uitgespreek oor die Afghaanse span se deelname aan die T20I-wêreldbeker 2021 weens die Taliban se magsoorname in dié land.[16] Die Afghaanse span se mediabestuurder, Hikmat Hassan, het bevestig dat Afghanistan ondanks die politieke omswaai in dié land wel aan die toernooi sou deelneem.[17] Op 6 Oktober 2021 het die Afghaanse span Kaboel verlaat om in Doha, Katar, aan ’n oefenkamp voor die toernooi deel te neem.[18] Die Afghaanse span het wel aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem en voortgegaan om die ou vlag van Afghanistan te gebruik en truie in die driekleurige vlag van die Islamitiese Republiek Afghanistan se kleure swart-rooi-groen te dra.[19]
Kwalifiserende spanne
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Indië | Gasheer | Sewende | 2016 | Kampioen (2007) |
Afghanistan | IKR se T20I-ranglys | Vyfde | 2016 | Super Tien (2016) |
Australië | Sewende | 2016 | Naaswenner (2010) | |
Bangladesj | Sewende | 2016 | Tweede rondte (2007, 2014, 2016) | |
Engeland | Sewende | 2016 | Kampioen (2010) | |
Nieu-Seeland | Sewende | 2016 | Halfeindrondte (2007, 2016) | |
Pakistan | Sewende | 2016 | Kampioen (2009) | |
Sri Lanka | Sewende | 2016 | Kampioen (2014) | |
Suid-Afrika | Sewende | 2016 | Halfeindrondte (2009, 2014) | |
Wes-Indië | Sewende | 2016 | Kampioen (2012, 2016) | |
Ierland | T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2019 | Sesde | 2016 | Super Agt (2009) |
Namibië | Eerste | – | Debuut | |
Nederland | Vierde | 2014 | Super Tien (2014) | |
Oman | Tweede | 2016 | Eerste rondte (2016) | |
Papoea-Nieu-Guinee | Eerste | – | Debuut | |
Skotland | Vierde | 2016 | Eerste rondte (2007, 2009, 2016) |
Stadions
Tydens die toernooi is drie Emiratiese en een Omaanse stadions gebruik. Altesaam 45 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2021 beslis, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Tydens die toernooi is die kapasiteit op 70% beperk.[20]
Verenigde Arabiese Emirate | Oman | ||
---|---|---|---|
Doebai | Sharjah | Aboe Dhabi | Maskat |
Doebai Internasionale Krieketstadion | Sharjah-krieketstadion | Sheikh Zayed-krieketstadion | Omaanse Krieketakademieveld |
25°2′48″N 55°13′8″O | 25°19′50.96″N 55°25′15.44″O | 24°23′47″N 54°32′26″O | 23°29′17.1″N 58°29′38.3″O |
Kapasiteit: 25 000 | Kapasiteit: 27 000 | Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 3 000 |
Doebai Sharjah Aboe Dhabi T20I-wêreldbeker 2021 (Verenigde Arabiese Emirate) |
Maskat T20I-wêreldbeker 2021 (Oman) |
Formaat
Die T20I-wêreldbeker 2021 is oor 29 dae tussen 16 verskillende nasies oor 45 wedstryde beslis. Dit het op 17 Oktober 2021 op Omaanse Krieketakademieveld in Maskat, Oman, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Oman en Papoea-Nieu-Guinee begin. Die toernooi het geëindig op Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, op 14 November met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2021 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Eerste rondte en Super Twaalf
Die T20I-wêreldbeker 2021 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 31 Desember 2018 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die Super Twaalf deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Twaalf is deur twaalf spanne in twee groepe van ses spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vyf wedstryde in die Super Twaalf gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Twaalf-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2021-effek op 2022-kwalifisering
Die elf beste spanne van die 2021-toernooi (saam met die 2022-gasheer Australië) het regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer. Hulle is Afghanistan, Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.[21]
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 16 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[22]
Skeidsregters
|
Wedstrydbeamptes
|
Wedstryde
Kwalifiseer vir die Super Twaalf. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Twaalf en die uitklopfase. Die groepe is op 16 Julie 2021 bekend gemaak.
Eerste rondte
Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die Super Twaalf deurgedring.
Groep A
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +3.754 |
Namibië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.523 |
Ierland | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.853 |
Nederland | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −2.460 |
Nederland 106 (20 boulbeurte) |
t |
Ierland 107/3 (15.1 boulbeurte) |
Max O’Dowd 51 (47) Curtis Campher 4/26 (4 boulbeurte) |
Gareth Delany 44 (29) Pieter Seelaar 1/14 (2.1 boulbeurte) |
Namibië 96 (19.3 boulbeurte) |
t |
Sri Lanka 100/3 (13.3 boulbeurte) |
Craig Williams 29 (36) Maheesh Theekshana 3/25 (4 boulbeurte) |
Bhanuka Rajapaksa 42* (27) JJ Smit 1/7 (1 boulbeurt) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Namibië se laagste telling in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[26]
Nederland 164/4 (20 boulbeurte) |
t |
Namibië 166/4 (19 boulbeurte) |
Max O’Dowd 70 (56) Jan Frylinck 2/36 (4 boulbeurte) |
David Wiese 66* (40) Pieter Seelaar 1/8 (2 boulbeurte) |
Sri Lanka 171/7 (20 boulbeurte) |
t |
Ierland 101 (18.3 boulbeurte) |
Wanindu Hasaranga 71 (47) Josh Little 4/23 (4 boulbeurte) |
Andrew Balbirnie 41 (39) Maheesh Theekshana 3/17 (4 boulbeurte) |
Ierland 125/8 (20 boulbeurte) |
t |
Namibië 126/2 (18.3 boulbeurte) |
Paul Stirling 38 (24) Jan Frylinck 3/21 (4 boulbeurte) |
Gerhard Erasmus 53* (49) Curtis Campher 2/14 (3 boulbeurte) |
Nederland 44 (10 boulbeurte) |
t |
Sri Lanka 45/2 (7.1 boulbeurte) |
Colin Ackermann 11 (9) Lahiru Kumara 3/7 (3 boulbeurte) |
Kusal Perera 33* (24) Brandon Glover 1/12 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nederland is binne tien boulbeurte uitgeboul wat dit die kortste beurt in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd maak waartydens al die kolwers van dieselfde span uitgeboul is.[35][36]
- Vyf Nederlandse kolwers is been-voor-paaltjie betrap, die meeste in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[35]
- Colin Ackermann (Ned) se elf lopies is die swakste hoogste individuelle telling in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd nog.[35][37]
Groep B
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Skotland | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +0.775 |
Bangladesj | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +1.733 |
Oman | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.025 |
Papoea-Nieu-Guinee | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −2.655 |
Papoea-Nieu-Guinee 129/9 (20 boulbeurte) |
t |
Oman 131/0 (13.4 boulbeurte) |
Assad Vala 56 (43) Zeeshan Maqsood 4/20 (4 boulbeurte) |
Jatinder Singh 73* (42) Nosaina Pokana 0/15 (2 boulbeurte) |
- Oman het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ayaan Khan en Kashyap Prajapati (albei Oma) het hul T20I-debuut gemaak.
Skotland 140/9 (20 boulbeurte) |
t |
Bangladesj 134/7 (20 boulbeurte) |
Chris Greaves 45 (28) Mahedi Hasan 3/19 (4 boulbeurte) |
Mushfiqur Rahim 38 (36) Brad Wheal 3/24 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shakib Al Hasan (Ban) neem sy 108ste paaltjie en word sodoende die beste T20I-bouler.[38]
Skotland 165/9 (20 boulbeurte) |
t |
Papoea-Nieu-Guinee 148 (19.3 boulbeurte) |
Richie Berrington 70 (49) Kabua Morea 4/31 (4 boulbeurte) |
Norman Vanua 47 (37) Josh Davey 4/18 (3.3 boulbeurte) |
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Bangladesj 153 (20 boulbeurte) |
t |
Oman 127/9 (20 boulbeurte) |
Mohammad Naim 64 (50) Bilal Khan 3/18 (4 boulbeurte) |
Jatinder Singh 40 (33) Mustafizur Rahman 4/36 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Bangladesj 181/7 (20 boulbeurte) |
t |
Papoea-Nieu-Guinee 97 (19.3 boulbeurte) |
Mahmudullah 50 (28) Assad Vala 2/26 (3 boulbeurte) |
Kiplin Doriga 46 (34) Shakib Al Hasan 4/9 (4 boulbeurte) |
Super Twaalf
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Twaalf spanne het aan die Super Twaalf deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +2.464 |
Australië | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +1.216 |
Suid-Afrika | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +0.739 |
Sri Lanka | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | −0.269 |
Wes-Indië | 5 | 1 | 4 | 0 | 2 | −1.641 |
Bangladesj | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −2.383 |
Suid-Afrika 118/9 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 121/5 (19.4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wes-Indië 55 (14.2 boulbeurte) |
t |
Engeland 56/4 (8.2 boulbeurte) |
Chris Gayle 13 (13) Adil Rashid 4/2 (2.2 boulbeurte) |
Jos Buttler 24* (22) Akeal Hosein 2/24 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Adil Rashid behaal die beste T20I-boulsyfers vir ’n Engelse bouler.[44][45]
- Adil Rashid se twee afgestane lopies vir vier paaltjies is die mees ekonomiese boulsyfers in T20I-krieket.[44]
- Wes-Indië se telling is die laagste deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[44][46][47]
- Dit is die eerste keer wat Wes-Indië minder as 100 lopies in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aanteken.[44]
- Dit is die eerste keer dat Engeland die teiken in minder as tien T20I-boulbeurte haal.[44][48]
- Dit is Wes-Indië se eerste nederlaag teen Engeland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[44]
Bangladesj 171/4 (20 boulbeurte) |
t |
Sri Lanka 172/5 (18.5 boulbeurte) |
Mohammad Naim 62 (52) Chamika Karunaratne 1/12 (3 boulbeurte) |
Charith Asalanka 80* (49) Shakib Al Hasan 2/17 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shakib Al Hasan (Ban) neem sy 40ste paaltjie en word sodoende die beste bouler in T20I-wêreldbekertoernooie.[49]
Wes-Indië 143/8 (20 boulbeurte) |
t |
Suid-Afrika 144/2 (18.2 boulbeurte) |
Evin Lewis 56 (35) Dwaine Pretorius 3/17 (2 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Bangladesj 124/9 (20 boulbeurte) |
t |
Engeland 126/2 (14.1 boulbeurte) |
Mushfiqur Rahim 29 (30) Tymal Mills 3/27 (4 boulbeurte) |
Jason Roy 61 (38) Nasum Ahmed 1/26 (3 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Sri Lanka 154/6 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 155/3 (17 boulbeurte) |
Kusal Perera 35 (25) Adam Zampa 2/12 (4 boulbeurte) |
David Warner 65 (42) Wanindu Hasaranga 2/22 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wes-Indië 142/7 (20 boulbeurte) |
t |
Bangladesj 139/5 (20 boulbeurte) |
Nicholas Pooran 40 (22) Shoriful Islam 2/20 (4 boulbeurte) |
Liton Das 44 (43) Jason Holder 1/22 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Roston Chase (WI) het sy T20I-debuut gemaak.
Sri Lanka 142 (20 boulbeurte) |
t |
Suid-Afrika 146/6 (19.5 boulbeurte) |
Pathum Nissanka 72 (58) Dwaine Pretorius 3/17 (3 boulbeurte) |
Australië 125 (20 boulbeurte) |
t |
Engeland 126/2 (11.4 boulbeurte) |
Aaron Finch 44 (49) Chris Jordan 3/17 (4 boulbeurte) |
Jos Buttler 71* (32) Ashton Agar 1/15 (2.4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Engeland 163/4 (20 boulbeurte) |
t |
Sri Lanka 137 (19 boulbeurte) |
Jos Buttler 101* (67) Wanindu Hasaranga 3/21 (4 boulbeurte) |
Wanindu Hasaranga 34 (21) Moeen Ali 2/15 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Jos Buttler word die negende kolwer en tweede Engelsman wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal slaan.[51][52]
- Wanindu Hasaranga (SL) neem sy 50ste T20I-paaltje.[53]
- Kaptein Eoin Morgan (Eng) neem sy span na hul 43 T20I-oorwinning en word sodoende die mees suksesvolle T20I-kaptein.[54]
Bangladesj 84 (18.2 boulbeurte) |
t |
Suid-Afrika 86/4 (13.3 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Bangladesj en Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.[55]
Bangladesj 73 (15 boulbeurte) |
t |
Australië 78/2 (6.2 boulbeurte) |
Shamim Hossain 19 (18) Adam Zampa 5/19 (4 boulbeurte) |
Aaron Finch 40 (20) Shoriful Islam 1/9 (1 boulbeurt) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Adam Zampa word die negende bouler en tweede Australiër wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[56][57]
- Australië haal die wenteiken binne-in 6.2 boulbeurte, die hoogste oorwinning in ’n T20I-wedstryd tussen twee volle lede volgens oorblywende balle.[58][59]
Sri Lanka 189/3 (20 boulbeurte) |
t |
Wes-Indië 169/8 (20 boulbeurte) |
Charith Asalanka 68 (41) Andre Russell 2/33 (4 boulbeurte) |
Shimron Hetmyer 81* (54) Wanindu Hasaranga 2/19 (4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die Wes-Indiese span word weens ’n stadige oorskotkoers met 20% van hul wedstrydgeld beboet.[60]
- Wanindu Hasaranga neem met 16 paaltjies die meeste deur ’n bouler tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi nog.[60]
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.[61]
Wes-Indië 157/7 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 161/2 (16.2 boulbeurte) |
Kieron Pollard 44 (31) Josh Hazlewood 4/39 (4 boulbeurte) |
David Warner 89* (56) Chris Gayle 1/7 (1 boulbeurt) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Hierdie is beide Chris Gayle en Dwayne Bravo hul laaste T20I-verskyning.[62]
Suid-Afrika 189/2 (20 boulbeurte) |
t |
Engeland 179/8 (20 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Rassie van der Dussen teken die destyds hoogste individuelle telling deur ’n Suid-Afrikaner in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan – later oortref deur Rilee Rossouw tydens die 2022-toernooi teen Bangladesj.[63][64]
- Kagiso Rabada word die vierde bouler en eerste Suid-Afrikaner wat ’n driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[23][65]
- Om die halfeindrondte te haal moes Suid-Afrika Engeland op 131 lopies of minder beperk.[66]
- Engeland en Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[67]
- Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.[68]
Groep 2
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Pakistan | 5 | 5 | 0 | 0 | 10 | +1.583 |
Nieu-Seeland | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +1.162 |
Indië | 5 | 3 | 2 | 0 | 6 | +1.747 |
Afghanistan | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | +1.053 |
Namibië | 5 | 1 | 4 | 0 | 2 | −1.890 |
Skotland | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −3.543 |
Indië 151/7 (20 boulbeurte) |
t |
Pakistan 152/0 (17.5 boulbeurte) |
Mohammad Rizwan 79* (55) Ravindra Jadeja 0/28 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die 200ste internasionale krieketwedstryd tussen Indië en Pakistan.[69]
- Die Pakistanse vennootskap om die eerste paaltjie met 152 lopies tussen Mohammad Rizwan en Babar Azam is die destyds tweede hoogste tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[70]
- Dit is die eerste keer dat Pakistan Indië in 13 probeerslae in ’n Krieketwêreldbeker- of T20I-wêreldbekerwedstryd kan verslaan.[71]
- Dit is die eerste keer dat Indië ’n T20I-wedstryd met tien paaltjies verloor en Pakistan ’n T20I-wedstryd met dieselfde uitslag wen.[72]
Afghanistan 190/4 (20 boulbeurte) |
t |
Skotland 60 (10.2 boulbeurte) |
Najibullah Zadran 59 (34) Safyaan Sharif 2/33 (4 boulbeurte) |
George Munsey 25 (18) Mujeeb Ur Rahman 5/20 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mujeeb Ur Rahman word die agtste bouler en eerste Afghaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[56][73]
- Mujeeb Ur Rahman word ook die eerste speler wat ’n vyf-paaltjie-oes op sy T20I-wêreldbekerdebuut neem.[74]
- Dit is Afghanistan se destyds hoogste T20I-oorwinning volgens aantal lopies.[75]
Nieu-Seeland 134/8 (20 boulbeurte) |
t |
Pakistan 135/5 (18.4 boulbeurte) |
Daryl Mitchell 27 (20) Haris Rauf 4/22 (4 boulbeurte) |
Mohammad Rizwan 33 (34) Ish Sodhi 2/28 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Tim Southee (NZ) neem sy 100ste T20I-paaltjie.[76]
Skotland 109/8 (20 boulbeurte) |
t |
Namibië 115/6 (19.1 boulbeurte) |
Michael Leask 44 (27) Ruben Trumpelmann 3/17 (4 boulbeurte) |
JJ Smit 32* (23) Michael Leask 2/12 (2 boulbeurte) |
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die eerste keer wat twee assosiaatlede in die tweede rondte van ’n T20I-wêreldbekertoernooi ontmoet.[77]
- Ruben Trumpelmann (Nam) word die eerste bouler wat drie paaltjies in die eerste T20I-boulbeurt neem.[78]
- Dit is Namibië se eerste oorwinning in die tweede rondte van enige IKR-toernooi.[79]
Afghanistan 147/6 (20 boulbeurte) |
t |
Pakistan 148/5 (19 boulbeurte) |
Gulbadin Naib 35* (25) Imad Wasim 2/25 (4 boulbeurte) |
Babar Azam 51 (47) Rashid Khan 2/26 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Rashid Khan (Afg) word volgens aantal wedstryde (53) die vinnigste bouler wat 100 T20I-paaltjies neem.[80]
- Babar Azam (Pak) word volgens aantal kolfbeurte (26) die vinnigste speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies as kaptein behaal.[81]
Afghanistan 160/5 (20 boulbeurte) |
t |
Namibië 98/9 (20 boulbeurte) |
Mohammad Shahzad 45 (33) Jan Nicol Loftie-Eaton 2/21 (4 boulbeurte) |
David Wiese 26 (30) Hamid Hassan 3/9 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mohammad Shahzad word die eerste Afghaanse speler wat die mylpaal van 2000 T20I-lopies haal.[82]
Indië 110/7 (20 boulbeurte) |
t |
Nieu-Seeland 111/2 (14.3 boulbeurte) |
Ravindra Jadeja 26* (19) Trent Boult 3/20 (4 boulbeurte) |
Daryl Mitchell 49 (35) Jasprit Bumrah 2/19 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Pakistan 189/2 (20 boulbeurte) |
t |
Namibië 144/5 (20 boulbeurte) |
Mohammad Rizwan 79* (50) David Wiese 1/30 (4 boulbeurte) |
David Wiese 43* (31) Imad Wasim 1/13 (3 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.[83]
Nieu-Seeland 172/5 (20 boulbeurte) |
t |
Skotland 156/5 (20 boulbeurte) |
Martin Guptill 93 (56) Safyaan Sharif 2/28 (4 boulbeurte) |
Michael Leask 42* (20) Trent Boult 2/29 (4 boulbeurte) |
Indië 210/2 (20 boulbeurte) |
t |
Afghanistan 144/7 (20 boulbeurte) |
Karim Janat 42* (22) Mohammed Shami 3/32 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die vennootskap om die eerste paaltjie met 140 lopies tussen Rohit Sharma en KL Rahul is die destyds hoogste tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi vir Indië.[70][86]
Nieu-Seeland 163/4 (20 boulbeurte) |
t |
Namibië 111/7 (20 boulbeurte) |
Glenn Phillips 39* (21) Bernard Scholtz 1/15 (3 boulbeurte) |
Michael van Lingen 25 (25) Tim Southee 2/15 (4 boulbeurte) |
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Namibië is hiermee uit die toernooi geskakel.[87]
Skotland 85 (17.4 boulbeurte) |
t |
Indië 89/2 (6.3 boulbeurte) |
George Munsey 24 (19) Mohammed Shami 3/15 (3 boulbeurte) |
KL Rahul 50 (19) Mark Watt 1/20 (2 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- KL Rahul (Ind) slaan die gesamentlik vinnigste vyftigtal tydens die toernooi (in 18 aflewerings).[88]
Afghanistan 124/8 (20 boulbeurte) |
t |
Nieu-Seeland 125/2 (18.1 boulbeurte) |
Najibullah Zadran 73 (48) Trent Boult 3/17 (4 boulbeurte) |
Kane Williamson 40* (42) Rashid Khan 1/27 (4 boulbeurte) |
Pakistan 189/4 (20 boulbeurte) |
t |
Skotland 117/6 (20 boulbeurte) |
Babar Azam 66 (47) Chris Greaves 2/43 (4 boulbeurte) |
Richie Berrington 54* (37) Shadab Khan 2/14 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Shoaib Malik (Pak) slaan die gesamentlik vinnigste vyftigtal tydens die toernooi (in 18 aflewerings).[88]
Namibië 132/8 (20 boulbeurte) |
t |
Indië 136/1 (15.2 boulbeurte) |
David Wiese 26 (25) Ravindra Jadeja 3/16 (4 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Virat Kohli voer Indië in die vyftigste T20I-wedstryd aan.[92]
- Dit is Virat Kohli se laaste T20I-wedstryd as Indiese kaptein.[93]
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
10 November – Aboe Dhabi | ||||||
Engeland | 166/4 | |||||
Nieu-Seeland | 167/5 | 14 November – Doebai | ||||
Nieu-Seeland | 172/4 | |||||
11 November – Doebai | Australië | 173/2 | ||||
Pakistan | 176/4 | |||||
Australië | 177/5 |
Halfeindrondte
Engeland 166/4 (20 boulbeurte) |
t |
Nieu-Seeland 167/5 (19 boulbeurte) |
Moeen Ali 51* (37) James Neesham 1/18 (2 boulbeurte) |
Daryl Mitchell 72* (47) Liam Livingstone 2/22 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die eerste keer wat Nieu-Seeland tot die T20I-wêreldbekereindwedstryd vorder.[94]
Pakistan 176/4 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 177/5 (19 boulbeurte) |
Mohammad Rizwan 67 (52) Mitchell Starc 2/38 (4 boulbeurte) |
David Warner 49 (30) Shadab Khan 4/26 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shadab Khan (Pak) behaal die beste boulsyfers in ’n T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.[95]
Eindstryd
Nieu-Seeland 172/4 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 173/2 (18.5 boulbeurte) |
Kane Williamson 85 (48) Josh Hazlewood 3/16 (4 boulbeurte) |
Mitchell Marsh 77* (50) Trent Boult 2/18 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Kane Williamson (NZL) slaan ná Marlon Samuels (WI) tydens die 2016-toernooi die gesamentlik hoogste telling in ’n T20I-wêreldbekereindstryd.[96]
- Mitchell Marsh (Aus) slaan die vinnigste T20I-vyftigtal in ’n T20I-wêreldbekereindstryd (in 31 aflewerings).[96]
T20I-wêreldkampioen 2021 |
---|
Australië |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 16 deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2021.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Australië | 1 | 7 | 6 | 0 | 1 | 990 | 976 | +14 | 12 | — |
2 | Nieu-Seeland | 2 | 7 | 5 | 0 | 2 | 1044 | 975 | +69 | 10 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Pakistan | 2 | 6 | 5 | 0 | 1 | 989 | 870 | +119 | 10 | — |
4 | Engeland | 1 | 6 | 4 | 0 | 2 | 816 | 797 | +19 | 8 | — |
In die Super Twaalf uitgeskakel | |||||||||||
5 | Suid-Afrika | 1 | 5 | 4 | 0 | 1 | 683 | 669 | +14 | 8 | +0.739 |
6 | Indië | 2 | 5 | 3 | 0 | 2 | 696 | 624 | +72 | 6 | +1.747 |
7 | Afghanistan | 2 | 5 | 2 | 0 | 3 | 765 | 641 | +124 | 4 | +1.053 |
8 | Sri Lanka | A/1 | 8 | 5 | 0 | 3 | 1110 | 1045 | +65 | 10 | — |
9 | Wes-Indië | 1 | 5 | 1 | 0 | 4 | 666 | 689 | –23 | 2 | −1.641 |
10 | Namibië | A/1 | 8 | 3 | 0 | 5 | 988 | 1146 | –158 | 6 | — |
11 | Skotland | B/2 | 8 | 3 | 0 | 5 | 955 | 1159 | –204 | 6 | — |
12 | Bangladesj | B/1 | 8 | 2 | 0 | 6 | 1059 | 968 | +91 | 4 | — |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
13 | Oman | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 380 | 405 | –25 | 2 | −0.025 |
14 | Ierland | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 333 | 403 | –70 | 2 | −0.853 |
15 | Nederland | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 314 | 318 | –4 | 0 | −2.460 |
16 | Papoea-Nieu-Guinee | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 374 | 477 | –103 | 0 | −2.655 |
Verwysings
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup, 2021/22 – Most runs". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup, 2021/22 – Most wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "World T20 to be called T20 World Cup from 2020 edition: ICC". The Times of India. 23 November 2018. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Nagraj Gollapudi (12 Desember 2017). "IPL now has window in ICC Future Tours Programme". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Nagraj Gollapudi (20 Julie 2020). "ICC postpones T20 World Cup due to Covid-19 pandemic". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Venue for postponed 2020 ICC Men's T20 World Cup confirmed". Internasionale Krieketraad. 7 Augustus 2020. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Nagraj Gollapudi (25 Junie 2021). "T20 World Cup set to begin on October 17 in UAE; final on November 14". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "New Zealand v Australia by the numbers: Who holds the edge?". Internasionale Krieketraad. 12 November 2021. Besoek op 14 November 2021.
- (en) Paul Radley (29 Junie 2021). "T20 World Cup will move to UAE and Oman, confirms ICC". The National. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Direct qualifiers for ICC Men's T20 World Cup 2020 confirmed". Internasionale Krieketraad. 1 Januarie 2019. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Afghanistan earn direct qualification in 2020 T20 World Cup". ESPNcricinfo. 1 Januarie 2019. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "T20 World Cup 2020: Afghanistan qualify for Super 12s at Sri Lanka's expense". BBC. 1 Januarie 2019. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "PNG make history, secure qualification for T20 World Cup 2020". Internasionale Krieketraad. 27 Oktober 2019. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "PNG make history by qualifying for Twenty20 World Cup". The Guardian. 28 Oktober 2019. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Zimbabwe readmitted as an ICC member after political interference ban". BBC. 14 Oktober 2019. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "'Afghanistan Will Play in ICC Men's T20 World Cup 2021'". News18. 16 Augustus 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Afghanistan will play T20 World Cup, preparations are on: Media manager". The Times of India. 16 Augustus 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Andy Flower named Afghanistan consultant for T20 World Cup". ESPNcricinfo. 9 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Ali M. Latifi en Mohsin Khan Mohmand (26 Oktober 2021). "Flags, tears, anthem: How Afghans celebrated their cricket win". Al Jazeera. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "T20 World Cup to have fans at 70% capacity across venues". ESPNcricinfo. 3 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Automatic Super 12 qualifiers for T20 World Cup 2022 confirmed". Internasionale Krieketraad. 7 November 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "20-strong contingent of match officials announced for ICC Men's T20 World Cup 2021". Internasionale Krieketraad. 7 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records for T20I Matches – Hat-tricks". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Curtis Campher takes four wickets in four balls vs Netherlands in T20 World Cup". SportStar. 18 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Ireland pacer Curtis Campher becomes third bowler to take four wickets in four balls in T20Is". ANI News. 18 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – Lowest totals". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Firdose Moonda (20 Oktober 2021). "David Wiese smashes 66 against Netherlands to keep Namibia's Super 12 hopes alive". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Damith Weerasinghe (20 Oktober 2021). "Sri Lanka qualify for ICC T20 World Cup Super 12 stage". The Papare. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Danyal Rasool (20 Oktober 2021). "Hasaranga, Nissanka, Theekshana down Ireland to seal Sri Lanka's Super 12s spot". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Steven Lynch (18 Oktober 2022). "Is Namibia's win over Sri Lanka in the 2022 T20 World Cup their first against a Test-playing nation?". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Matthew Henry (22 Oktober 2021). "T20 World Cup: Namibia reach Super 12s as Ireland knocked out". BBC. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Hemant Brar (22 Oktober 2021). "Wiese, Erasmus the heroes as Namibia qualify for the Super 12s". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Cricket: How Namibia sealed one of T20 World Cup's biggest shocks". Al Jazeera. 23 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sampath Bandarupalli (22 Oktober 2021). "Sri Lanka bowl Netherlands out for 44 – the story in numbers". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Mohammad Isam (17 Oktober 2021). "Shakib Al Hasan becomes leading wicket-taker in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Shakib, Mahmudullah help Tigers to their biggest-ever T20I win". The Business Standard. 21 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Saif AL Imam Shota (21 Oktober 2021). "Bangladesh storm into the Super 12 after dismantling PNG for 97". BD Crictime. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Mohammad Isam (21 Oktober 2021). "Shakib, Mahmudullah star as Bangladesh rout PNG to seal Super 12s spot". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Amy Lofthouse (21 Oktober 2021). "T20 World Cup: Scotland & Bangladesh win to reach Super 12s". BBC. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Shashank Kishore (21 Oktober 2021). "Bowling might helps Scotland qualify for Super 12s; Oman knocked out". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sampath Bandarupalli (23 Oktober 2021). "Stats – West Indies' worst batting effort in T20 World Cups and first loss to England". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Lara 'doesn't have words' after England bowl West Indies out for lowest total by a full-member team in T20 World Cup". Hindustan Times. 23 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – Lowest totals". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Team Largest Margins – in T20I matches". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "BAN vs SL: Shakib Al Hasan becomes leading wicket-taker in T20 World Cups". SportStar. 24 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "T20 World Cup: Wanindu Hasaranga becomes fourth Sri Lankan to pick up a T20I hat-trick". Free Press Journal. 30 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – High Scores". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Matthew Henry (1 November 2021). "T20 World Cup: Jos Buttler's sensational century sets up England win over Sri Lanka". BBC. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Buttler's brilliant century inspires England win despite late scare". Internasionale Krieketraad. 1 November 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "T20 World Cup: Jos Buttler scores first T20I century as England beat Sri Lanka to close in on semi-finals". Sky Sports. 2 November 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Damith Weerasinghe (2 November 2021). "Sri Lanka officially knocked out of semi-finals race". The Papare. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Faisal Kamal (4 November 2021). "Zampa takes five wickets as Australia crush Bangladesh". Yahoo! News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2021. Besoek op 4 November 2021.
- (en) Karthik Krishnaswamy (4 November 2021). "Zampa five-for and aggressive batting give Australia massive NRR boost in big win over Bangladesh". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records for T20 Matches – Largest victories". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Andrew Fidel Fernando (4 November 2021). "Sri Lanka knock out West Indies with sharp all-round display". ESPNcricinfo.
- (en) "Hetmyer scores 81 not out in Sri Lanka loss". Krieket Wes-Indië. 4 November 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sidharth Monga (6 November 2021). "David Warner, Josh Hazlewood spoil Dwayne Bravo's farewell with convincing Australia win". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Valkerie Baynes (6 November 2021). "Rassie van der Dussen, Kagiso Rabada seal bittersweet consolation win for South Africa". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – High scores". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Watch: Kagiso Rabada becomes first SA bowler to take hat-trick in T20Is; leads Proteas to win over England". Times Now News. 6 November 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Valkerie Baynes (6 November 2021). "Rassie van der Dussen, Kagiso Rabada seal bittersweet consolation win for South Africa". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Matthew Henry (6 November 2021). "T20 World Cup: England reach semi-finals despite defeat by South Africa". BBC. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "England qualify for last four despite defeat, South Africa fall short in Sharjah". The Cricketer. 6 November 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "From Virat Kohli's unbeaten run in T20Is to their 200th international game – IND vs PAK stats you need to know". DNA India. 24 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – Highest partnerships by runs". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sidharth Monga (24 Oktober 2021). "Babar Azam, Mohammad Rizwan break Pakistan's World Cup jinx against India with 10-wicket romp". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Pakistan routs India with 10-wicket win at T20 World Cup". Al Jazeera. 25 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Mujeeb ur Rahman records five-wicket haul on World Cup debut". SportStar. 25 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sampath Bandarupalli (25 Oktober 2021). "Mujeeb magic and Scotland's record sequence of ducks". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Afghanistan power-hitters and spinners demolish Scotland in record 130-run win". Internasionale Krieketraad. 25 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "[VIDEO] Southee cleans up Babar during Pak vs NZ clash at WC, enters elite list with 100th wicket in T20Is". Times Now News. 26 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Firdose Moonda (21 Oktober 2022). "Scotland's early exit encapsulates raw emotion of sport for Associate teams". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Shashank Kishore (27 Oktober 2021). "Trumpelmann, Smit help Namibia keep dream World Cup run going". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Ahm Nayeem (28 Oktober 2021). "Small country, big dreams: The astonishing rise of Namibian cricket". The Business Standard. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "AFG vs PAK: Rashid becomes fastest bowler to pick 100 T20I wickets". SportStar. 29 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Faizan Lakhani (29 Oktober 2021). "T20 World Cup: Babar Azam equals another Virat Kohli record". The News. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Mohammad Shahzad becomes first Afghan player to reach 2000 T20I runs". The Times of India. 31 Oktober 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Pakistan vs Namibia: Unbeaten Pakistan make way to semis after triumph over Namibia". Geo News. 2 November 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2022. Besoek op 27 November 2022.
- (en) "NZ vs SCO: Martin Guptill joins Virat Kohli in elite list, becomes 2nd batter to complete 3,000 T20I runs". Times Now News. 3 November 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Kal Sajad (3 November 2021). "T20 World Cup: Scotland knocked out as New Zealand keep semi-final hopes alive". BBC. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sampath Bandarupalli (3 November 2021). "Stats – Rohit Sharma-KL Rahul's reassurance at top and Rishabh Pant-Hardik Pandya's record finish". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Andrew Voerman (6 November 2021). "Late batting surge sets Black Caps up to beat Namibia at Twenty20 World Cup". Stuff. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Records for T20I Matches – Fastest Fifties". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) "Rashid Khan reaches 400 wickets in T20 cricket, does so in quickest time". devdiscourse. 7 November 2021. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Andrew Voerman (8 November 2021). "Black Caps to play England in semifinals at T20 World Cup after beating Afghanistan". Stuff. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Paul Radley (7 November 2021). "New Zealand ease past Afghanistan and send India out of T20 World Cup". The National. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sudharshan Sridharan (8 November 2021). "Virat Kohli set to play his 50th T20I match as captain against Namibia and much more". Sports Tiger. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sidharth Monga (8 November 2021). "Spinners and openers help India sign off with big win in Kohli's last game as T20I captain". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Deivarayan Muthu (13 November 2021). "A peek inside New Zealand's methodical T20 surge". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sidharth Monga (11 November 2021). "Wade, Stoinis tee off at the close to put Australia in final". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
- (en) Sampath Bandarupalli (14 November 2021). "Stats – A record chase, and a maiden T20 title for Australia men". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2023.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met T20I-wêreldbeker 2021. |