T20I-wêreldbeker 2012
Die T20I-wêreldbeker 2012 (Engels: 2012 ICC World Twenty20) is van 18 September tot 7 Oktober 2012 in Sri Lanka beslis. Dit was die vierde T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2012 genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Dit was die eerste T20I-wêreldbekertoernooi wat in ’n Asiatiese land aangebied is.
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2012 | |
Datums | 18 September – 7 Oktober |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Agt en uitklopfase |
Gashere | Sri Lanka |
Kampioen | Wes-Indië (1ste titel) |
Naaswenner | Sri Lanka |
Deelnemers | 12 (26 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 27 |
Speler van die reeks | Shane Watson |
Meeste lopies | Shane Watson (249)[1] |
Meeste paaltjies | Ajantha Mendis (15)[2] |
← 2010 2014 → |
Die toernooi se formaat van 2007, 2009 en 2010 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2012 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan en Ierland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2012 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Sri Lanka het Pakistan en Wes-Indië het Australië geklop, waardeur die gasheer Sri Lanka en Wes-Indië in die eindstryd ontmoet het. Wes-Indië het Sri Lanka in die eindstryd op die R. Premadasa-stadion in Colombo met 36 lopies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel sedert die Kampioenetrofee 2004 ingepalm. Die verdedigende wêreldkampioen Engeland en Suid-Afrika is in die Super Agt uitgeskakel.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Sri Lanka as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2012 aangewys. Ná die Kampioenetrofee 2002 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Sri Lanka aangebied is.
Deelnemers
Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2012 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka (gasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2012 gekwalifiseer. Afghanistan en Ierland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Vervolgens was daar geen verandering aan die deelnemende spanne teenoor die 2010-toernooi nie.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Sri Lanka | Gasheer | Vierde | 2010 | Naaswenner (2009) |
Australië | Volle lede | Vierde | 2010 | Naaswenner (2010) |
Bangladesj | Vierde | 2010 | Super Agt (2007) | |
Engeland | Vierde | 2010 | Kampioen (2010) | |
Indië | Vierde | 2010 | Kampioen (2007) | |
Nieu-Seeland | Vierde | 2010 | Halfeindrondte (2007) | |
Pakistan | Vierde | 2010 | Kampioen (2009) | |
Suid-Afrika | Vierde | 2010 | Halfeindrondte (2009) | |
Wes-Indië | Vierde | 2010 | Halfeindrondte (2009) | |
Zimbabwe | Derde | 2010 | Eerste rondte (2007, 2010) | |
Afghanistan | T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2012 | Tweede | 2010 | Eerste rondte (2010) |
Ierland | Derde | 2010 | Super Agt (2009) |
Stadions
Tydens die toernooi is drie Sri Lankaanse stadions gebruik. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2012 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Pallekele | Colombo | Hambantota |
---|---|---|
Pallekele Krieketstadion | R. Premadasa-stadion | Mahinda Rajapaksa-stadion |
7°16′49″N 80°43′20″O | 6°56′22.8″N 79°52′19.3″O | 6°21′23″N 81°1′35″O |
Kapasiteit: 35 000 | Kapasiteit: 35 000 | Kapasiteit: 35 000 |
Pallekele Krieketstadion R. Premadasa-stadion Mahinda Rajapaksa-stadion T20I-wêreldbeker 2012 (Sri Lanka) |
Formaat
Die T20I-wêreldbeker 2012 is oor 20 dae tussen twaalf verskillende nasies oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 18 September 2012 op Mahinda Rajapaksa-stadion in Hambantota met die openingswedstryd tussen die gasheer Sri Lanka en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op R. Premadasa-stadion in Colombo op 7 Oktober met die eindstryd tussen Wes-Indië en Sri Lanka, waartydens Wes-Indië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010 ingespan.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2012 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Groep A | Groep B | Groep C | Groep D |
---|---|---|---|
Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel:
- Groep A: Colombo
- Groep B: Colombo
- Groep C: Hambantota
- Groep D: Pallekele
Eerste rondte en Super Agt
Die T20I-wêreldbeker 2012 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.[4] Die Superboulbeurt is ingespan vir die beslissing van twee wedstryde, dié tussen Nieu-Seeland en Sri Lanka in Groep 1 op 27 September, asook dié tussen Wes-Indië en Nieu-Seeland in dieselfde groep op 1 Oktober.
Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.[5]
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 13 skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[6]
Skeidsregters
|
Wedstrydbeamptes
|
|
Wedstryde
Kwalifiseer vir die Super Agt. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 21 September 2011 bekend gemaak.
Eerste rondte
Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.
Groep A
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +2.825 |
Engeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +0.650 |
Afghanistan | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −3.475 |
Indië 159/5 (20 boulbeurte) |
t |
Afghanistan 136 (19.3 boulbeurte) |
Mohammad Nabi 31 (17) Lakshmipathy Balaji 3/19 (3.3 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Najibullah Zadran (Afg) het sy T20I-debuut gemaak.
Engeland 196/5 (20 boulbeurte) |
t |
Afghanistan 80 (17.2 boulbeurte) |
Luke Wright 99* (55) Izatullah Dawlatzai 2/56 (3 boulbeurte) |
Gulbadin Naib 44 (32) Samit Patel 2/6 (3 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Afghanistan teken met 80 almal uit die gesamentlik laagste telling tydens die T20I-wêreldbeker 2012 aan.[7]
- Engeland en Indië vorder hiermee tot die Super Agt.
- Afghanistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
Indië 170/4 (20 boulbeurte) |
t |
Engeland 80 (14.4 boulbeurte) |
Craig Kieswetter 35 (25) Harbhajan Singh 4/12 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Engeland teken met 80 almal uit die gesamentlik laagste telling tydens die T20I-wêreldbeker 2012 aan.[7]
- Dit is Engeland se destyds laagste T20I-telling.[8]
- Engeland se 80 almal uit is ook die laagste telling deur ’n toetsland tydens die T20I-wêreldbeker 2012.[8]
Groep B
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +2.184 |
Wes-Indië | 2 | 0 | 1 | 1 | 1 | −1.855 |
Ierland | 2 | 0 | 1 | 1 | 1 | −2.092 |
Ierland 123/7 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 125/3 (15.1 boulbeurte) |
Kevin O’Brien 35 (29) Shane Watson 3/26 (4 boulbeurte) |
Shane Watson 51 (30) Kevin O’Brien 1/18 (3 boulbeurte) |
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Wes-Indië 191/8 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 100/1 (9.1 boulbeurte) |
Chris Gayle 54 (33) Mitchell Starc 3/35 (4 boulbeurte) |
Shane Watson 41* (24) Fidel Edwards 1/16 (2 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 100 lopies in 9.1 boulbeurte vir Australië.
- Australië vorder hiermee tot die Super Agt.
Ierland 129/6 (19 boulbeurte) |
t |
|
Niall O’Brien 25 (21) Chris Gayle 2/21 (3 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 19 boulbeurte per span.
- Ná verdere reën is die wedstryd voor Wes-Indië se kolfbeurt afgelas.
- Wes-Indië vorder hiermee tot die Super Agt.
- Ierland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep C
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +3.598 |
Sri Lanka | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +1.852 |
Zimbabwe | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −3.624 |
Sri Lanka 182/4 (20 boulbeurte) |
t |
Zimbabwe 100 (17.3 boulbeurte) |
Kumar Sangakkara 44 (26) Graeme Cremer 1/27 (4 boulbeurte) |
Hamilton Masakadza 20 (23) Ajantha Mendis 6/8 (4 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dilshan Munaweera (SL) en Brian Vitori (Zim) het hul T20I-debuut gemaak.
- Ajantha Mendis word die tweede bouler en eerste Sri Lankaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[9] Hy behaal ook die destyds beste T20I-boulsyfers.[10]
Zimbabwe 93/8 (20 boulbeurte) |
t |
Suid-Afrika 94/0 (12.4 boulbeurte) |
Richard Levi 50* (44) Stuart Matsikenyeri 0/3 (0.4 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Sri Lanka en Suid-Afrika vorder hiermee tot die Super Agt.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
Suid-Afrika 78/4 (7 boulbeurte) |
t |
Sri Lanka 46/5 (7 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot sewe boulbeurte per span.
Groep D
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Pakistan | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +0.706 |
Nieu-Seeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +1.150 |
Bangladesj | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −1.868 |
Nieu-Seeland 191/3 (20 boulbeurte) |
t |
Bangladesj 132/8 (20 boulbeurte) |
Brendon McCullum 123 (58) Abdur Razzaq 2/28 (4 boulbeurte) |
Nasir Hossain 50 (39) Tim Southee 3/16 (4 boulbeurte) |
Pakistan 177/6 (20 boulbeurte) |
t |
Nieu-Seeland 164/9 (20 boulbeurte) |
Nasir Jamshed 56 (35) Tim Southee 2/31 (4 boulbeurte) |
Rob Nicol 33 (28) Saeed Ajmal 4/30 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Bangladesj 175/6 (20 boulbeurte) |
t |
Pakistan 178/2 (18.4 boulbeurte) |
Shakib Al Hasan 84 (54) Yasir Arafat 3/25 (3 boulbeurte) |
Imran Nazir 72 (36) Abul Hasan 2/33 (3 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- 175/6 is die destyds beste telling vir Bangladesj in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[14]
- Dit is die hoogste suksesvolle T20I-lopiejaag deur Pakistan.[14][15]
- Dit is ook die hoogste suksesvolle T20I-lopiejaag teen Bangladesj.[14]
- Shakib Al Hasan se 84 lopies in 54 aflewerings is die beste individuele T20I-telling teen Pakistan.[16]
- Nieu-Seeland en Pakistan vorder hiermee tot die Super Agt.
- Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
Super Agt
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +0.998 |
Wes-Indië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.375 |
Engeland | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.397 |
Nieu-Seeland | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −0.169 |
Nieu-Seeland 174/7 (20 boulbeurte) |
t |
Sri Lanka 174/6 (20 boulbeurte) |
Rob Nicol 58 (40) Akila Dananjaya 2/32 (4 boulbeurte) |
Tillakaratne Dilshan 76 (53) James Franklin 2/34 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Akila Dananjaya (SL) het sy T20I-debuut gemaak.
- Dit is slegs die tweede T20I-wêreldbekerwedstryd wat in ’n gelykop geëindig het.[17]
Wes-Indië 179/5 (20 boulbeurte) |
t |
Engeland 164/4 (20 boulbeurte) |
Johnson Charles 84 (56) Stuart Broad 2/26 (4 boulbeurte) |
Eoin Morgan 71* (36) Ravi Rampaul 2/37 (4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Eoin Morgan se vyftigtal in 25 aflewerings is Engeland se vinnigste tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[18]
Nieu-Seeland 148/6 (20 boulbeurte) |
t |
Engeland 149/4 (18.5 boulbeurte) |
James Franklin 50 (33) Steven Finn 3/16 (4 boulbeurte) |
Luke Wright 76 (43) Daniel Vettori 1/20 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Wes-Indië 129/5 (20 boulbeurte) |
t |
Sri Lanka 130/1 (15.2 boulbeurte) |
Marlon Samuels 50 (35) Ajantha Mendis 2/12 (4 boulbeurte) |
Mahela Jayawardene 65* (49) Ravi Rampaul 1/39 (4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Wes-Indië 139 (19.3 boulbeurte) |
t |
Nieu-Seeland 139/7 (20 boulbeurte) |
Chris Gayle 30 (14) Tim Southee 3/21 (4 boulbeurte) |
Ross Taylor 62* (40) Sunil Narine 3/20 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is slegs die derde T20I-wêreldbekerwedstryd wat in ’n gelykop geëindig het.[17]
- Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Sri Lanka 169/6 (20 boulbeurte) |
t |
Engeland 150/9 (20 boulbeurte) |
Mahela Jayawardene 42 (38) Stuart Broad 3/32 (4 boulbeurte) |
Samit Patel 67 (48) Lasith Malinga 5/31 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Lasith Malinga word die derde bouler en tweede Sri Lankaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[9][19][20]
- Sri Lanka en Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep 2
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.464 |
Pakistan | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.273 |
Indië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.274 |
Suid-Afrika | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −0.421 |
Suid-Afrika 133/6 (20 boulbeurte) |
t |
Pakistan 136/8 (19.4 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Indië 140/7 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 141/1 (14.5 boulbeurte) |
Irfan Pathan 31 (30) Shane Watson 3/34 (4 boulbeurte) |
Shane Watson 72 (42) Yuvraj Singh 1/16 (2 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Suid-Afrika 146/5 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 147/2 (17.4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Pakistan 128 (19.4 boulbeurte) |
t |
Indië 129/2 (17 boulbeurte) |
Shoaib Malik 28 (22) Lakshmipathy Balaji 3/22 (3.4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Pakistan 149/6 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 117/7 (20 boulbeurte) |
Nasir Jamshed 55 (46) Mitchell Starc 3/20 (4 boulbeurte) |
Michael Hussey 54* (47) Saeed Ajmal 3/17 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.
Indië 152/6 (20 boulbeurte) |
t |
Suid-Afrika 151 (19.5 boulbeurte) |
Francois du Plessis 65 (38) Zaheer Khan 3/22 (4 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte en word die eerste span wat vier agtereenvolgende T20I-wêreldbekerhalfeindrondtes haal.[21]
- Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
4 Oktober – Colombo | ||||||
Sri Lanka | 139/4 | |||||
Pakistan | 123/7 | 7 Oktober – Colombo | ||||
Wes-Indië | 137/6 | |||||
5 Oktober – Colombo | Sri Lanka | 101 | ||||
Wes-Indië | 205/4 | |||||
Australië | 131 |
Halfeindrondte
Sri Lanka 139/4 (20 boulbeurte) |
t |
Pakistan 123/7 (20 boulbeurte) |
Mahela Jayawardene 42 (36) Mohammed Hafeez 1/12 (2 boulbeurte) |
Mohammed Hafeez 42 (40) Rangana Herath 3/25 (4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Wes-Indië 205/4 (20 boulbeurte) |
t |
Australië 131 (16.4 boulbeurte) |
Chris Gayle 75* (41) Pat Cummins 2/36 (4 boulbeurte) |
George Bailey 63 (29) Ravi Rampaul 3/16 (3.4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Australië se tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2012.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Wes-Indië | B/1 | 7 | 4 | 1 | 2 | 980 | 894 | +86 | 9 | — |
2 | Sri Lanka | C/1 | 7 | 5 | 0 | 2 | 941 | 891 | +50 | 10 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Australië | B/2 | 6 | 4 | 0 | 2 | 761 | 954 | –193 | 8 | — |
4 | Pakistan | D/2 | 6 | 4 | 0 | 2 | 891 | 857 | +34 | 8 | — |
In die Super Agt uitgeskakel | |||||||||||
5 | Indië | A/2 | 5 | 4 | 0 | 1 | 750 | 636 | +114 | 8 | — |
6 | Engeland | A/1 | 5 | 2 | 0 | 3 | 739 | 746 | –7 | 4 | — |
7 | Suid-Afrika | C/2 | 5 | 2 | 0 | 3 | 602 | 574 | +28 | 4 | — |
8 | Nieu-Seeland | D/1 | 5 | 2 | 0 | 3 | 816 | 771 | +45 | 4 | — |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
9 | Ierland | B | 2 | 0 | 1 | 1 | 252 | 125 | +127 | 1 | −2.092 |
10 | Bangladesj | D | 2 | 0 | 0 | 2 | 307 | 369 | –62 | 0 | −1.868 |
11 | Afghanistan | A | 2 | 0 | 0 | 2 | 216 | 355 | –139 | 0 | −3.475 |
12 | Zimbabwe | C | 2 | 0 | 0 | 2 | 193 | 276 | –83 | 0 | −3.624 |
Verwysings
- (en) "Records in ICC World Twenty20, 2012 to 13 – Most runs". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC World Twenty20, 2012 to 13 – Most wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) "World T20 to be called T20 World Cup from 2020 edition: ICC". The Times of India. 23 November 2018. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) "Playing conditions". T20I-wêreldbeker. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2008. Besoek op 20 Julie 2008.
- (en) "Final WorldTwenty20 Playing conditions" (PDF). T20I-wêreldbeker. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 September 2008. Besoek op 11 September 2008.
- (en) "ICC announces umpires' panels for 2012–13 season and ICC WT20 2012". Internasionale Krieketraad. 11 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2012. Besoek op 22 Junie 2012.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – Lowest totals". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) George Dobell (23 September 2012). "Sharma and spinners destroy England". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) Firdose Moonda (18 September 2012). "The Mendises script big win for Sri Lanka". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – High Scores". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) "Records for T20I Matches – Fastest Hundreds". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) Mohammad Isam (21 September 2012). "Brendon McCullum ton razes Bangladesh". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) Sidharth Monga (25 September 2012). "Nazir takes Pakistan to Super Eights with super chase". ESPNcricino. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) "Statistical highlights: Pakistan vs Bangladesh, World Twenty20". The Times of India. 26 September 2012. Besoek op 8 Junie 2023.
- (bn) "সাকিবের জন্য মুশফিকের সহানুভুতি". Prothom Alo. 25 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2013. Besoek op 26 September 2012.
- (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) "Records for T20I Matches – Fastest Fifties". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) Andrew McGlashan (1 Oktober 2012). "Malinga's five sends England crashing out". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) David Hopps (11 Maart 2013). "ESPNcricinfo Awards 2012 T20I bowling winner: The wild and the swinging". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
- (en) Sidharth Monga (2 Oktober 2012). "India's one-run win not big enough to qualify". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Junie 2023.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met T20I-wêreldbeker 2012. |