Tết Offensief
Die Tết Offensief of Tết Aanval (Viëtnamees: Sự kiện Tết Mậu Thân 1968 of Tổng tiến công và nổi dậy Tết Mậu Thân) was 'n reeks operasionele aanvalle gedurende die Viëtnamoorlog, gekoördineer tussen bataljon sterkte elemente van die Nasionale Front vir die Bevryding van Viëtnam of "Viëtkong" (VC) en Divisie eenhede van Noord-Viëtnam se People's Army of Vietnam (PAVN), teen Suid-Viëtnam se Army of the Republic of Vietnam (ARVN), die Verenigde State militêre eenhede en ander ARVN-geallieerde magte. Die operasies word genoem die Tết Offensief omdat dit beplan was om in aanvang te neem die nag van 30-31 Januarie 1968, Tết Nguyên Đán (die maan nuwe jaar). Die offensief het aangehou tot in 1969.
Tết Offensief Sự kiện Tết Mậu Thân | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Viëtnamoorlog | |||||||
Tết Offensief – 29 Januarie tot 25 Februarie 1968 | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Anti-Kommunistiese magte: Suid-Viëtnam Verenigde State Suid-Korea Australië Nieu-Seeland Thailand |
Viëtkong Noord-Viëtnam | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Cao Văn Viên William Westmoreland |
Hoàng Văn Thái Võ Nguyên Giáp | ||||||
Sterkte | |||||||
~1 000 000[3] | Fase 1: ~80 000 Totaal: ~323 000 - 595 000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
In fase 1:
Suid-Viëtnam: |
In fase 1:: Geskat: 17 000 gesneuweldes en 20 000 gewondes Tot Augustus: | ||||||
Burgerlike: 14 000 gesneuweldes, 24 000 gewondes |
Die Tết Offensief het tot 'n operasionele nederlaag vir die Noord-Viëtnam en VC gely. Die Tết Offensief word egter ook algemeen beskou as 'n keerpunt in die Viëtnamoorlog waartydens die NLF en PAVN 'n enorme sielkundige en propagandaoorwinning behaal. Populêre steun vir die oorlog in die VSA het gou hierna gekwyn en het bygedra tot die onttrekking van Amerikaanse soldate. Die Amerikaanse publiek het veel meer kritiek uitgespreek teen die oorlogbeleid van President Lyndon B. Johnson na die Tết Offensief. Die entiteit wat mees direk deur die aanvalle beïnvloed is, was die regering van die Republiek van Viëtnam van Nguyễn Văn Thiệu wie se militêre en politieke afhanklikheid van die VSA gedemonstreer is aan die bevolking. Die Tết Offensief word algemeen beskou as 'n voorbeeld van die waarde van propaganda en die media se invloed in die najaag van militêre doelwitte.
Verwysings
- (en) Smedberg, bl. 188
- "Tet Offensive" (in Engels). History Channel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 22 Desember 2014.
- (en) Hoang, bl. 8.
- (vi) Tổng công kích, Tổng nổi dậy Tết mậu thân 1968 (Tet Offensive 1968) - ARVN's Đại Nam publishing in 1969, bl. 35
- (en) Steel and Blood: South Vietnamese Armor and the War for Southeast Asia. Naval Institute Press, 2008. bl. 33
- (en) PAVN's Department of warfare, 124th/TGi, document 1.103 (11-2-1969)
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tết Offensief.