Tønder

Tønder (Duits: Tondern) is 'n stadjie in die suide van Denemarke. Dit lê in die gelyknamige munisipaliteit Tønder in die streek Suid-Denemarke. Die stad het 7 792 inwoners (2007), ongeveer 20% van die totale aantal inwoners in die munisipaliteit. Tønder behoort tot die historiese Sleeswyk en het 'n Duitstalige minderheid.

Tønder
Wapen van Tønder
Wapen
Tønder is in Denemarke
Tønder
Tønder
Koördinate: 54°56′34″N 8°51′50″O
LandVlag van Denemarke Denemarke
StreekSuid-Denemarke
MunisipaliteitTønder
Bevolking
  Totaal7 792

Tønder kry in 1243 stadsregte. Dit was indertyd een van die weinige hawens aan die weskus van Sleeswyk. Deur landwinning verloor dit toegang tot die see en daarmee die status as 'n handelstad. Tønder ontwikkel egter in die 17de eeu tot 'n sentrum van kant-produksie.

Die noorde van Sleeswyk was in die 19de eeu 'n betwiste gebied tussen Denemarke en Duitsland. Dit is egter in 1920 opgelos en aan Denemarke toegeken.

Westelik van Tønder lê die dorp Møgeltønder.

Die familie Van Tonder is oorspronklik van hierdie gebied afkomstig.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.