Systema Naturae

Die boek Systema Naturae was een van die belangrikste werke van die Sweedse botanikus, dierkundige en geneeskundige Carolus Linnaeus. Die boek se volledige titel is Systema naturae per regna tria naturae, secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis, of in Afrikaans: "Stelsel van natuur deur die drie koninkryke van natuur, volgens klasse, ordes, genera en spesies, met [generiese] karakters, [spesifieke] verskille, sinonieme, plekke".

Die voorblad van die tiende uitgawe van Linnaeus se Systema Naturae (1758).
Linnaeus se tabel van die diereryk uit die eerste uitgawe van Systema Naturae (1735).

Publikasie

In 1735 is 'n boek in Nederland gepubliseer wat deur die jong Sweedse plantkundige Carolus Linnaeus geskryf is. Dit was in Latyn en die titel, Systema Naturae, het getoon waaroor dit gegaan het. Dit was 'n poging om die verskillende vorms van lewe op aarde op ordelike wyse te klassifiseer.

Dit was meer gevorderd as enigiets wat voorheen in hierdie verband verskyn het. Mense het selfs gedink dit is die resultaat van 'n leeftyd van navorsing. In werklikheid was die skrywer toe maar net 28 jaar oud.

Hy het sy werk in verband met die klassifikasie van plante en diere sy lewe lank voortgesit en het talle werke oor die plantkunde, dierkunde en ander wetenskappe gepubliseer.

Die Systema Naturae is telkemale hersien en het uiteindelik tien uitgawes gehad. Dit word as sy belangrikste werk beskou.

Die tiende uitgawe word ook as die beginpunt van dierkundige terminologie beskou.[1]

Verwysings

  1. Linnaeus, Carolus (1758). Systema naturae per regna tria naturae :secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis (in Latin) (10th uitg.). Holmiae (Laurentii Salvii). Besoek op 22 September 2008.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

Bronnelys

  • Kennis, 1980, vol 3, bl. 468, ISBN 0 7981 0825 8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.