Syfer 8-knoop
'n Syfer 8-knoop verwys na die vorm van die knoop wanneer dit geknoop word. Dit is 'n baie veelsydige en veilige knoop, wat nie maklik losgaan nie. Dit kan wel moeiliker wees om los te maak as die boeglynknoop.
Gebruike
Las van toue / lyne
Hierdie knoop kan gebruik word om twee toue / lyne te las (op verskeie maniere), selfs al is die toue van twee verskillende diktes of materiaal (wat dit meer geskik as sommige ander knope maak).
Lus om voorwerpe aan vas te maak
Dit kan ook gebruik word om 'n lus aan die einde of moddel van 'n tou te maak, waaraan voorwerpe vasgemaak of gehang kan word. 'n Voordeel van hierdie knoop vir diƩ doel is dat die knoop nie gly nie (die lus word nie kleiner onder las nie).
Dit is 'n gewilde knoop onder bergklimmers a.g.v. die veilige aard van die knoop.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.