Sydney Cove
Sydney Cove is 'n klein baai aan die suidelike oewer van Port Jackson, aan die kus van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, Australië. Sydney Cove is die plek wat Kaptein Arthur Phillip tussen 21 en 23 Januarie 1788 gekies het as die ligging van die Britse strafkolonie in Australië en wat uiteindelik tot die stad Sydney ontwikkel het.[1] Phillip se instruksies was aanvanklik gewees om die kolonie in Botanybaai te vestig maar hy het bevind dat Botanybaai nie 'n betroubare varswaterbron gehad het en ook nie voldoende beskutting gebied het vir skepe om anker te gooi nie.[2][3]
Sydney Cove | |
---|---|
Sydney Cove, Circular Quay | |
Koördinate: | 33°51′31″S 151°12′42″O |
Ligging: | Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië |
Soort: | See van die Stille Oseaan |
Uitvloei: | Tasmansee |
Nedersettings: | Sydney |
Verwysings
- http://www.discoversydney.com.au/sydney/history.html
- http://www.visitnsw.com/town/Sydney/Tank_Stream/info.aspx
- "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2012. Besoek op 7 April 2011.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sydney Cove.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.