Swerfvalk
Die swerfvalk (Falco peregrinus), ook bekend as die Peregrine, is 'n roofvoël in die familie Falconidia wat wyd verspreid oor die aarde voorkom. Dit is 'n kraai-grootte valk met 'n blou-grys rug, 'n gespikkelde wit onderkant en 'n swart kop. Die Swerfvalk is 'n roofvoël en voed hoofsaaklik op ander medium grootte-voëls. Die geslagte lyk verskillend (dimorfies), met die wyfies aansienlik groter as mannetjies. Die Swerfvalk is bekend vir sy hoë-spoed duik van meer as 322 km/h gedurende jagtogte. Dit is die vinnigste lid van die diereryk.
Swerfvalk | |
---|---|
Volwassene met prooi in Nova Scotia, Kanada. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. peregrinus |
Binomiale naam | |
Falco peregrinus Tunstall, 1771 | |
Subspesies | |
17–19, sien teks | |
Sinonieme | |
Falco atriceps Hume |
Die Swerfvalk word byna oral op die aarde aangetref, behalwe in die uiterste poolstreke, baie hoë berge en die meeste tropiese reënwoude. Die enigste groot ys-vrye landmassa waar dit nie voorkom nie is Nieu-Seeland. Dit maak die Swerfvalk die wêreld se roofvoël wat die wydste verspreid voorkom.
Die wetenskaplike naam kan as "dwaal valk" vertaal word. Dit verwys na die migrerende gewoontes van die swerfvalk families wat in die noordelike gebiede voorkom. Kenners erken 17 tot 19 subspesies wat wissel in voorkoms en omvang. Daar is meningsverskil oor die vraag of die kenmerkende Barbaryse valk deur twee subspesies verteenwoordig word.
Swerfvalke bereik volwassenheid na een jaar en bly 'n vaste broeipaar. Neste is gewoonlik op die kransrand of meer onlangs op hoë mensgemaakte strukture.
Die Peregrine is in baie gebiede 'n bedreigde spesie as gevolg van plaagdoders, veral DDT. Sedert die verbod op die DDT van die vroeë 1970's, het die bevolking weer toegeneem.
Subspesies
- Falco peregrinus anatum
- Falco peregrinus babylonicus
- Falco peregrinus brookei
- Falco peregrinus calidus
- Falco peregrinus cassini
- Falco peregrinus ernesti
- Falco peregrinus furuitii
- Falco peregrinus japonensis
- Falco peregrinus macropus
- Falco peregrinus madens
- Falco peregrinus minor
- Falco peregrinus nesiotes
- Falco peregrinus pealei
- Falco peregrinus pelegrinoides
- Falco peregrinus peregrinator
- Falco peregrinus peregrinus
- Falco peregrinus radama
- Falco peregrinus submelanogenys
- Falco peregrinus tundrius
Sien ook
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Falco peregrinus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)