Sweedse kroon
Die Sweedse kroon (Sweeds: krona, meervoud: kronor) is die geldeenheid van Swede.
Rang | Geldeenheid | Simbool ISO 4217 | % daaglikse aandeel (Des. 2015) |
---|---|---|---|
1 | Amerikaanse dollar | USD ($) | 87,0% |
2 | Euro | EUR (€) | 33,4% |
3 | Japannese jen | JPY (¥) | 23,0% |
4 | Pond sterling | GBP (£) | 11,8% |
5 | Switserse frank | CHF (CHF) | 8,6% |
6 | Kanadese dollar | CAD ($) | 5,2% |
7 | Australiese dollar | AUD ($) | 4,6% |
8 | Meksikaanse peso | MXN ($) | 2,5% |
9 | Chinese juan | CNY (¥) | 2,2% |
10 | Nieu-Seelandse dollar | NZD ($) | 2,0% |
11 | Sweedse kroon | SEK (kr) | 1,8% |
12 | Russiese roebel | RUB (₽) | 1,6% |
13 | Hongkong-dollar | HKD ($) | 1,4% |
14 | Noorse kroon | NOK (kr) | 1,4% |
15 | Singapoer-dollar | SGD ($) | 1,4% |
16 | Turkse lira | TRY (₺) | 1,3% |
17 | Suid-Koreaanse won | KRW (₩) | 1,2% |
18 | Suid-Afrikaanse rand | ZAR (R) | 1,1% |
19 | Brasiliaanse real | BRL ($) | 1,1% |
20 | Indiese roepee | INR (₹) | 1,0% |
Ander | 6,3% | ||
Totaal[n 1] | 200% |
Geskiedenis
Die kroon is as gevolg van die Skandinawiese Monetêre Unie in 1873 ingevoer en het sodoende die Riksdaler as wettige betaalmiddel vervang. Die kroon het tot by die Eerste Wêreldoorlog as die gemeenskaplike geldeenheid van Swede, Noorweë en Denemarke gedien. Al drie lande het ná die ontbinding van hul monetêre unie besluit om hul nuwe en onafhanklike nasionale geldeenhede steeds ”kroon“ te noem en 'n vaste wisselkoers volgens die goudstandaard toe te pas.
Banknote en muntstukke
Op die Sweedse een-kroon-muntstuk word tradisioneel die portret van die Sweedse monarg of monargin op een en die staatswapen (of die koninklike kroon) op die ander kant afgebeeld. Daarnaas verskyn ook die koninklike leuse op die muntstuk.
Die historiese voorlopers was die „Riksdaler“ (wat in 48 ”Skilling Banco“ opgedeel is). Die nuwe Riksdaler is vanaf 1858 in 100 öre opgedeel.
Geldwaarde | Portret |
---|---|
20 | Selma Lagerlöf |
50 | Jenny Lind |
100 | Carl von Linné |
500 | Karl XI (voorkant) Christopher Polhem (agterkant) |
1000 | Gustav I Wasa |
Geldwaarde | Afbeelding |
---|---|
0,50 | Drie krone |
1 | Portret van die koning |
5 | Die koning se voorletters |
10 | Portret van die koning |
Volgens 'n besluit van die Sweedse parlement is die 50-öre-muntstuk op 30 September 2010 afgeskaf.[3]
Notas
- Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.
Verwysings
- (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
- (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
- Femtioöringen tas bort (FiU37)[dooie skakel]
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Money of Sweden. |
- www.riksbank.se – Webtuiste van die Sweeds Ryksbank (ook in Engels Geargiveer 30 November 2005 op Wayback Machine beskikbaar)
- Beelde van Sweedse muntstukke Geargiveer 16 Oktober 2006 op Wayback Machine