Swaweldioksied

Swaweldioksied is 'n chemiese verbinding van swawel en suurstof met 'n formule SO2. By kamertemperatuur is dit 'n kleurlose gas met 'n stekende, verstikkende reuk.

Eienskappe

Algemeen

NaamSwaweldioksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule SO2
Molêre massa64,1 [g/mol]
CAS-nommer7446-09-5 [1]  
Reukverstikkend[1]  
Reukdrempel3-5 dpm[1]
Fasegedrag
Smeltpunt -75.5 °C[1]
Kookpunt-10 °C[1]
Digtheid2,25 (rel t.o. lug)[1]
Oplosbaarheid 
Henry se konstante1,26 [L/mol.atm] 3050 [K][2]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntonbrandbaar 
LD502520 dpm (inaseming by rotte)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Die gas word by verbranding van swawel gevorm:

Die swawelatoom het 'n oksidasiegetal van +4 in hierdie molekuul, wat nie die hoogste moontlike waarde is nie. Dit wil sê dat dit nog met suurstof kan reageer en swaweltrioksied kan vorm volgens:

Hierdie reaksie is nogtans slegs in aanwesigheid van 'n katalisator soos vanadium(V)oksied V2O5[3] moontlik.

Swaweldioksied is 'n taamlik sterk Lewis-suur wat met water swaeligsuur H2SO3 vorm:

Hierdie reaksie kan ekologiese gevolge inhou. Die verbranding van brandstowwe wat swawel bevat, soos steenkool of olie, stel swaweldioksied vry wat in die water van riviere en mere oplos.

Verwysings

  1. "Air Products MSDS" (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 Junie 2014. Besoek op 25 Februarie 2016.
  2. Sander.
  3. General Chemistry, Enhanced Edition, Darrell Ebbing, Steven D. Gammon, Cengage Learning, 2010, ISBN 0-538-49752-1, ISBN 978-0-538-49752-7
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.