Swawel-34

Swawel-34 (chemiese notasie 3416S) is 'n stabiele isotoop van swawel.

Eienskappe

Algemeen

NaamSwawel-34 
 
Protone16 
Neutrone18 
Kernspin0+[1] 
Massa-oorskot-29931,79 keV[1] 

Status

Statusstabiel[1] 
Relatiewe voorkoms4,29 %[1]  

Navigasie

3316S
3416S3517Cl
3516S3617Cl
Lys van isotope
Portaal Chemie
Portaal Fisika

Isotoopverhoudings

Die 34S/32S-verhouding word dikwels analoog aan die 18O/16O-verhouding as 'n grootheid δ34S in uitgedruk. Die VCDT (Vienna Canyon Diablo Troiliet)-mineraal word as standaard gebruik en die bereik van afwykings van die standaard hier op aarde in sowat van -50 tot + 50 .

In stollingsgesteentes en meteoriete is die waarde van δ34S amper 0 Wisselings in die δ34S -waarde word hier op aarde deur twee prosesse veroorsaak:

  1. Reduksie van sulfaat na sulfied deur anaërobiese bakterieë. Dit verhoog δ34S in die sulfaat wat oorbly.
  2. Heelparty uitwisselingsprosesse wat veroorsaak dat swawel-34 in die verbinding met die hoogste oksidasietoestand ophoop.[2]

'n Groot verandering in die waarde van δ34S van +30‰ tot −10‰ is in piriet tydens die Hüttenberg-anomalie van die Ediacarium van Namibië waargeneem. Hierdie wisseling gaan saam met veranderings is die isotoopverhoudings van koolstof-13, suurstof-18 en 87Sr/86Sr. Die anomalie weerspieël wisselings in die suurstofgehalte en die oksidasiepotensiaal van die Aarde in hierdie tydperk.[3]

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.