Swaruk

Die Suidwes-Afrikaanse Raad vir die Uitvoerende Kunste (afgekort as Swaruk of SWARUK) was ’n staatsgesubsidieerde raad vir die uitvoerende kunste in Suidwes-Afrika (nou Namibië). Dit is in 1966 gestig en was geskoei op die Suid-Afrikaanse model van streekskunsterade.[1] Dit was deel van die Suid-Afrikaanse groep van rade en het dieselfde doelstellings gehad.

In 1973 het Swaruk die Windhoek-teater begin gebruik wat aanvanklik in 1960 gebou is, nadat dit vergroot en verbeter is. Later is ’n werksessie-teater en ’n buitelugruimte bygevoeg.

Toe Suidwes in 1990 onafhanklik word, het die raad ook onafhanklik geword en is dit hernoem na die Nasionale Teater van Namibië.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.