Swartwit Essen
Swartwit Essen is 'n Duitse sokkerklub uit Essen in Noord-Rynland-Wesfale. Die klub is in 1881 as Essener Turnerbund gestig. Die sokkerafdeling is in Januarie 1900 gestig en het onafhanklik geword op 1 Julie 1974.
Volledige naam | Essener Turnerbund Schwarz-Weiß Essen 1881 e.V. |
Stigtingsdatum | 11 April 1881 |
Tuisveld | Ulhenkrug, Essen |
Kapasiteit | 9 950 |
Kompetisie | NRW-Liga |
Tydens die Derde Ryk het die klub tot 1943 in die Gauliga Neder-Ryn meegeding, destyds die hoogste vlak. Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub grotendeels in die Oberliga Wes deurgebring, die hoogste klas voor die stigting van die Bundesliga.
Die klub se grootste prestasie was toe hulle die DFB-Pokal in 1959 gewen het deur agtereenvolgens met SC Rooiwit Essen, Hertha BSC Berlyn, Hamburger SV en Borussia Neunkirchen klaar te speel. In 1967 het die klub promosie na die Bundesliga met een punt misgeloop.
Onlangse ligaplekke
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Noord-Rynland-Wesfale (NRW-Liga) 2010/11-seisoen | |
Alemannia Aken II | SSG 09 Bergisch Gladbach | Bonner SC | MSV Duisburg II | SpVgg Erkenschwick | SC Rooiwit Essen | Swartwit Essen | SC 04 Westfalia Herne | VfB Homberg | 1. FC Kleve | SC Fortuna Keulen | | |