Swartstreep-kortstertjie

'n Swartstreep-kortstertjie (of Black-striped Hairtail soos dit in Engels bekend staan),[2] is 'n vlinder, Anthene amarah, en behoort tot die familie van Bloutjie-skoenlappers (Lycaenidae).

Swartstreep-kortstertjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Anthene
Spesie:
A. amarah
Binomiale naam
Anthene amarah
(Guérin-Méneville, 1847)[1]
Sinonieme
  • Polyommatus amarah Guérin-Méneville, 1847
  • Lampides olympusa Walker, 1870
  • Anthene amarah orphna Clench, 1965

Voorkoms

Die vlerkspan van die wyfie is 21–26 mm en die van die mannetjie is 23–29 mm. Beide geslagte het 'n unieke swart streep op die basis van die voorvlerk, aan die onderkant.[2]

Verspreiding

Afrika suid van die Sahara, insluitend Senegal, Gambië, Guinee-Bissau, Burkina Faso, Guinee, Sierra Leone, Liberië, die Ivoorkus, Ghana, Togo, Benin, Nigerië, Ethiopië, Kenia, Zambië (wydversprei), Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Suid-Afrika (Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Gauteng, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Wes-Kaap, Noord-Kaap, eSwatini. Ook in Arabië (Saoedi-Arabië, behalwe die ooste, Jemen, Oman, Verenigde Arabiese Emirate). Ekstralimitaal in die suide van die Jordanië (Al Aquabah) en die suide van Egipte.[3]

Habitat

Volop in savanne, veral doringveld, en soms in oop kolle in woude. Gasheerplante vir larwes is die Acaciaspesies.[3]

Sien ook

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.