Swartrand-blaasop

Die Swartrand-blaasop (Arothron immaculatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot die by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Blackedged puffer.

Swartrand-blaasop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Arothron
Spesie:
A. immaculatus
Binomiale naam
Arothron immaculatus
(Lacepède, 1798)

Voorkoms

Die vis se kop en lyf is ligbruin aan die bokant en witterig aan die onderkant en die stertvin is gelerig met 'n swart rant. Die neus orgaan is 'n klein tentakel. Die vis word tot 30 cm lank.

Habitat

Die vis verkies koraal- en rotsriwwe tot op dieptes van 50 m. Die vis is naglewend en slaap in die dag deur hom in sand in te grawe. Die onvolwasse vissies leef in die gras areas van riviermondings. Die wyfie skiet kuit gedurende April tot Mei. Hulle vreet onder andere skaaldiere.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.