Swartkrans
Swartkrans is ’n Suid-Afrikaanse erfenisgebied naby Sterkfontein wat ryk is aan argeologiese materiaal, veral hominiedoorblyfsels. Dit is sowat 32 km van Johannesburg af geleë.[1]
Fossiele Hominiedterreine in Suid-Afrika* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Swartkrans |
|
Koördinate: 25°55′45″S 27°47′20″O | |
Lande | Suid-Afrika |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iii, vi |
Verwysings | 915 |
Streek† | Afrika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1999 (23ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Dit is in 1968 deur die Universiteit van die Witwatersrand gekoop. Die oudste fossiele wat daar gevind is, is tussen sowat 1,8 en 2 miljoen jaar oud.
Van die vroegste getuienis van die beheer van die omgewing deur brande is by Swartkrans gevind.[2][3] Van die fossiele wat daar ontdek is, sluit in dié van Homo erectus, Paranthropus en Homo habilis.
Swartkrans is deel van die wêrelderfenisgebied Wieg van die Mensdom.
Verwysings
- "9/2/233/0012 - Swartkrans Palaeontological Site, Zwartkrans 172, Krugersdorp District". South African Heritage Resources Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2013. Besoek op 16 September 2013.
- C. K. Brain; A. Sillent (1 Desember 1988). "Evidence from the Swartkrans cave for the earliest use of fire". Nature. 336 (6198): 464–466. doi:10.1038/336464a0. Besoek op 14 Junie 2011.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - Rincon, Paul (22 Maart 2004). "Bones hint at first use of fire". BBC (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 14 Junie 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.