Swartbalk-snellervis

Die Swartbalk-snellervis (Rhinecanthus aculeatus) is 'n vis wat voorkom in die tropies Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van Kenia tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Picasso triggerfish.

Swartbalk-snellervis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Rhinecanthus
Spesie:
R. aculeatus
Binomiale naam
Rhinecanthus aculeatus
(Linnaeus, 1758)

Voorkoms

Die vis se kop en lyf is bleek wit en is vol gekleurde strepe, kolle en vlekke. Daar is 'n helder geel streep van die bek na die tot by die pektorale vin se basis. Die vis word tot 30 cm lank.

Habitat

Die vis leef in plat areas in riwwe en beskutte sand rots areas. Hy maak sy nes deur op die sy te lê en met die stert op die bodem te klap om 'n holte te maak. Hulle is baie territoriaal en slaap op hulle sye in die nag.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.