Swakopmundvuurtoring
Swakopmundvuurtoring is 'n vuurtoring in Swakopmund aan die Atlantiese Oseaan in Namibië.
Swakopmundvuurtoring
Land | Namibië |
---|---|
Geleë in of aan waterliggaam | South Atlantic Ocean |
Geleë in geografiese gebied | Swakopmund |
Geografiese ligging | 22°40′34″S 14°31′27″E |
Belangrike gebeurtenis | elektrifisering |
Lig kenmerk van vuurtoring | Fl(2) W 10s |
Die vuurtoring is in 1903 in gebruik geneem. Die toring is 28 meter hoog, van klip en beton gemaak en silindries in vorm. Dit is in rooi en wit band geverf. Die vuurtoring was aanvanklik net 'n derde so hoog soos dit nou is en moes verhoog word nadat dorp tot so mate uitgebrei het dat dit nie meer vir skeepsverkeer sigbaar was nie. Die vuurtoring is in 1980 geëlektrifiseer. Die huidige laternhuis en roterende lig is in 1982 geïnstalleer en 'n vlekvrye staal-weerhaan in Maart 1983 opgerig.[1]
Verwysings
- Lighthouses of South Africa, Swakopmund, Besoek op 24 Desember 2006
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Swakopmundvuurtoring.
Vuurtorings van Namibië | |
---|---|
Namibië: | Swakopmund | Pelikaanpunt | Diazpunt | Haai-eiland |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.