Suurpruim
Die suurpruim (Ximenia caffra) is 'n klein boom of struik wat aan die familie Olacaceae behoort. Dit is inheems aan alle tropiese streke, in besonder aan gebiede van Suid-Oos-Afrika in Angola, Botswana, Burundi, Caprivistrook in Namibië, Comore-eilande, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan, Somalië, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.[1][2] In Engels staan dit as die "Sourplum" bekend, in Noord-Sotho is dit die "Morokologa" en in Zoeloe die "Umthunduluka-obomvu".
Suurpruim | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Santalales |
Familie: | Olacaceae |
Genus: | Ximenia |
Spesie: | X. caffra |
Binomiale naam | |
Ximenia caffra Sond., (1850) | |
Sinonieme | |
|
Die suurpruim dra jaarliks vrugte. Die vrugte is oor die algemeen suur met 'n droë nasmaak, maar bevat groot hoeveelhede kalium.[3] Die boom self is redelik gehard: dit is bestand teen ryp en ook droogtebestand.
Die boom, vrugte, saad, blare, en wortels is al vir menslike verbruik aangewend, hoofsaaklik medisinaal of vir brandstof. Die bome kan ook vir verskansing en heinings aangewend word. Die boom se FSA-nommer is 103.[4][5]
Galery
- Takke met vrugte
- Ryp en groen vrugte
- Ryp vrugte
Verwysings
- C, Orwa, Mutua A, Kindt R, Jamnadass R, and Simons A. "Ximenia Caffra." Agroforestree Database: A Tree Reference and Selection Guide Version 4.0. 2009. http://www.worldagroforestry.org/treedb2/AFTPDFS/Ximenia_caffra.pdf
- https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:608572-1
- Ndhlala, A.R., Muchuweti, M., Mupure, C., Chitindingu, K., Murenje, T., Kasiyamhuru, A., Benhura, M.A. (2008) Phenolic content and profiles of selected wild fruits of Zimbabwe: Ximena caffra, Artobotrys brachypetalus and Syzygium cordatum. International Journal of Food Science and Technology, Vol. 43, p 1333-1337.
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3816-3
Eksterne skakels
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Suurpruim
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suurpruim.