Susanne Beyers
Susanne Beyers (gebore 11 Desember 1954) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer. Sy is primêr 'n verhoogaktrise, maar is eerder bekend vir die Afrikaanse TV-reekse waarin sy speel. Beyers het 'n B.Drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.[1] Op die verhoog was sy te sien in stukke soos Die uurwerk kantel, in Leon Kruger se Ou blare en Seks in die suburbs. Haar TV-optredes sluit in enkeldramas soos Bartho Smit se Die man met die lyk om sy nek (regie: Danie Odendaal), asook reekse soos Chris Barnard se Onder draai die duiwel rond (regie: Katinka Heyns) en Arende (regie: Dirk de Villiers).[2] Sy het ook in verskeie vollengte flieks opgetree.
Susanne Beyers | |
Geboorte | 11 Desember 1954 |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise, skrywer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
Rolprente
- Liewe Hemel, Genis!, 1987 as Maria
- Mandela and de Klerk (TV-fliek), 1997 as T.V.-verslaggewer #2
- Slavery of Love (TV-fliek), 1999 as Anna van Branden
- Konfetti, 2014 as ouma Annetjie Voster
- Onder die Tafel (Kortfilm), 2014 as Katerine
- Strikdas, 2015 as Patrys Vorster
- Eintlik nogal baie, 2016 as Jay se ma
TV-optredes
- Arende II (TV-reeks), 1992 as Annette Steenkamp
- Arende III (TV-reeks), 1993 as Annette Steenkamp
- Erfsondes (TV-reeks, tweede seisoen), 2009 as Ansie Labuschagne
- Onder Draai die Duiwel Rond
- 7de Laan (SABC-sepie) as Jacomien van Niekerk
- Soutmansland
- Hart van Staal
- Dennekruin 12
- Seders val in Lebanon
- Die Man met die Lyk om sy Nek
- Jasper Le Feuvre
- Samaritaan
- Beyond Return
Verhoogstukke
Van haar verhoogstukke sluit in:
- Die uurwerk kantel
- Ou blare (saam met Joanie Combrinck en Elsabé Daneel)
- Seks in die suburbs (saam met Eben Genis)
- Drafstap of drentel
- Dalk is ons almal so
- Susanna die Geliefde
- Moeders en Dogters
Verwysings
- Profiel op TVSA, besoek op 18 November 2012
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.