Susa
Susa (Persies: شوش, Schūsch; Hebreeus: שושן, Schūschān; Oud-Grieks: Σοῦσα, [ˈsuːsa]; Latyn: Susa; Siries: ܫܘܫ, Šuš) was 'n antieke stad. Die oorblyfsels is in die suidweste van die hedendaagse Iran naby die Irakse grens in die Chuzestan-provinsie naby die moderne stad Sjoesj geleë. Susa is een van die oudste deurlopend bewoonde stede wêreldwyd. Die etimologie van die stadsnaam is onseker.
Susa* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Tel van die koninklike stad (links) en die Akropolis (regs), gesien vanaf die Apadana-heuwel in Susa. | |
Susa |
|
Koördinate: 32°11′26″N 48°15′28″O | |
Lande | Iran |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | i, ii, iii, iv |
Verwysings | 1455 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2015 (39ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Vanaf die derde tot die eerste millennium v.C. het Susa met kort onderbrekinge as hoofstad van Elam gedien en het ook na die ineenstorting van dié ryk 'n belangrike stedelike sentrum gebly, onder meer tydens die Achaemenidiese Ryk, Seleukidiese Ryk, Partiese Ryk en Sassanidiese Ryk. Verskeie argeologiese opgrawings het ryk vondste opgelewer. Veral die Kodeks van Hammurabi, wat reeds in die oudheid as buit na Susa saamgeneem is, het sterk aandag getrek.
Volgens Bybelse oorlewering het die profeet Daniël tydens die Babiloniese ballingskap in Susa gebly. In die verhale van die Boek Ester neem die stad ook 'n belangrike rol in.
Galery
- Vernietiging van Susa deur Assurbanipal in 647 v.C.
- Gevleuelde sfinx in Darius se paleis by Susa, ca. 510 v.C.
- Boogskutters vries uit Darius se paleis by Susa, ca. 510 v.C.
- Leeu op 'n dekoratiewe paneel van gegote stene uit Darius se paleis by Susa, ca. 510 v.C.
- Kop van 'n godin of koningin, ca. 150 n.C.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Susa.
- (en) "Susa". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Februarie 2019.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia