Surveyor 7

Surveyor 7 was die sewende en laaste ruimtetuig van die Amerikaanse onbemande Surveyor-program wat gestuur is om die oppervlakte van die Maan te verken. Dit het in totaal 21 091 fotos na die Aarde versend.

Surveyor 7 was die vyfde en laaste ruimtetuig van die Surveyor-program wat 'n sagte landing op die Maan uitgevoer het. Die doelwitte vir die sending was:

  • 'n sagte landing in 'n gebied weg van die maanseĆ« om foto's te kan neem wat wesenlik verskil van die foto's wat deur die vorige Surveyor-sendings geneem is
  • neem van TV-beelde na landing
  • bepaling van die voorkoms en oortolligheid van chemiese elemente
  • manupulasie van die maan se oppervlakmateriaal
  • verkryging van dinamiese data van die landing
  • verkryging van termiese en radarreflektiewe data
Surveyor-model op Aarde

Surveyor 7 was soortgelyk in ontwerp as die vorige Surveyor-ruimtetuie maar het meer instrumente aan boord gehad, insluitend 'n televisiekamera met polariserende filters, 'n oppervlakte-monsterversamelaar, twee ronde magnete op die landingsbene, twee hoefyster-magnete op die oppervlakte-graaf en ekstra spieƫls.

Nota

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.