Supersterre
Supersterre is 'n Afrikaanse televisieprogram en musiekkompetisie wat op SABC2 uitgesaai word. Die aanbieders is Patricia Lewis en Brandon October. Die wenner van die kompetisie kry 'n platekontrak met Sony BMG en 'n kontantprys van R100 000. Bekende sangers soos Heinz Winckler, Bianca le Grange, Lianie May, Manuel Escórcio en Gerhard Steyn rig die deelnemers af en help hulle met voorbereidings.
Supersterre | |
Genre | Musiekkompetisie |
---|---|
Geskep deur | SAUK |
Aangebied deur | Patricia Lewis en Brandon October |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Verspreider | SAUK |
Vorige wenners
- Burger Le Roux, 2010
- Kobus Muller, 2007
- Shaun Tait, 2006
Eksterne skakels
- Supersterre se amptelike webtuiste Geargiveer 11 April 2010 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.