Suikerbosrand-natuurreservaat

Die Suikerbosrand-natuurreservaat is 'n bewaringsgebied aanliggend aan Heidelberg, Gauteng, en is een van Gauteng se mees gewilde ekotoerisme-bestemmings.

Suikerbosrand-natuurreservaat
'n Kloof in die Suikerbosrand-natuurreservaat
'n Kloof in die Suikerbosrand-natuurreservaat
Land Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Naaste dorp Heidelberg
Ligging van Suikerbosrand-natuurreservaat op 'n kaart (Gauteng)
Suikerbosrand-natuurreservaat
Suikerbosrand-natuurreservaat
Koördinate: 26°30′0″S 28°15′0″O
Oppervlak 11 595 ha
Openingsjaar Maart 1974
Bestuursliggaam Gautengregering

Dit is vernoem na die suikerbos wat volop in die reservaat voorkom. Plantegroei wissel van oop grasvlaktes met kranse en klowe tot beboste valleie en soetdoringveld. 'n Verskeidenheid diere kom voor in die reservaat soos blesbok, bobbejaan, eland, gewone duiker, vaalribbok, koedoe, oorbietjie, rooihartbees, steenbok, springbok, swartwildebees en sebra.

'n Groot verskeidenheid van voëls word ook in die reservaat aangetref, soos die bergpatrys, rooivlerkpatrys, rooiborsjakkalsvoël, rooikeelflap, witkruisarend en Kaapse wewer.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.