Protea (genus)

Die Protea (suikerbosse) is 'n genus wat tot die familie Proteaceae behoort. Die genus is immergroen en is oor die algemeen struike met enkele spesies wat bome vorm. Die genus se naam word in die volksmond gebruik vir baie spesies van ander genera wat deel vorm van die Proteaceae's. Die protea vorm deel van die Kaapse floraryk. Die meeste protea's kom in die Wes-Kaap voor en min spesies word nie in Suid-Afrika aangetref nie.

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Protea.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Protea (genus)
Koningsprotea
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Protea

Spesies

Sien teks.

Geskiedenis

Die eerste protea is reeds in 1605, 47 jaar voordat Jan van Riebeeck hom aan die suidpunt van Afrika gevestig het, deur Carolus Clusius geïllustreer. Die blom, wat hy Carduus genoem het, is later as Protea neriifolia geïdentifiseer. Die naam Protea is eers in 1735 deur Linnaeus aan die genus gegee. Hy het die genus vernoem na Proteus, 'n god van die Griekse mitologie wat volgens oorlewering van gedaante kon verander. Hierdie naam het hy aan die plante gegee vanweë die geweldige variasie wat binne die genus voorkom.

Proteas wissel byvoorbeeld van klein verdwergde struikies (Protea acaulos en Protea scabra) tot bome (Protea nitida en Protea caffra). Spesies soos Protea cryophila, Protea laevis en Protea tenax het ondergrondse stamme, terwyl die meeste ander bogrondse stamme het. Die blomme van die reuseprotea Protea cynaroides het ʼn deursnee van ongeveer 30 cm, terwyl dié van Protea odorata ongeveer 3 cm of nog minder in deursnee is.

Die meeste proteas dra hul blomme aan die punte van die takke, maar Protea amplexicaulis, Protea cordata en Protea humiflora dra hul blomme aan die stam naby die grond. Dikwels is daar ook variasie binne dieselfde spesie. Naby seevlak in die omgewing van Port Elizabeth is die reuse- of koningsprotea (Protea cynaroides) byvoorbeeld groot en het die plante smal blare en blomknoppe met skerppuntige skutblare wat in die lente tot die somer verskyn. Hoër op in dieselfde omgewing is die plante heelwat kleiner, die blare breër, die skutblare van die blomkoppe gerond en blom hulle in die somer tot die herfs.

Verskeie plantkundiges en ontdekkingsreisigers het in die 18e en 19de eeu heelwat belangstelling in Suid-Afrikaanse proteas getoon. Twee persone wat heelwat proteas in Suidwes-Kaap versamel en laat benaam het, was Thunberg, van die Universiteit van Uppsala in Swede, en Masson, van die botaniese tuin Kew in Engeland. Thunberg het byvoorbeeld die bergbruidjie (Serruria florida) vir die eerste keer in die berge rondom Franschhoek ontdek.

Teen die einde van die 18e eeu het die kweek van proteas in glashuise in Engeland 'n gewilde praktyk geword, maar in die 19e eeu het orgideë gewilder begin word en is die glashuise verwarm sodat proteas nie meer daarin gekweek kon word nie. Vandag word Suid-Afrikaanse proteas veral in lande soos Australië en Nieu-Seeland, waar die klimaat soortgelyk aan dié van Suid-Afrika is, gekweek. Die kweek van proteas en Leucospermum (speldekussings) in Suid-Afrika self neem ook toe omdat daar veral in Europa 'n goeie mark vir die blomme bestaan en die blomme lank genoeg hou om uitgevoer te kan word.

Die plaaslike mark vir die blomme is ook besig om te verbeter. Die proteas word volgens hul groeivorm, die plek waar hulle groei en eienskappe van die blomkoppe in verskeie groepe (sonder taksonomiese status) verdeel. Hierdie indeling is soos volg:

Proteas met bogrondse stamme Cynaroideae – slegs Protea cynaroides. Die blom lyk soos 'n artisjok.

Melliferae – slegs Protea repens. Letterlik heuningdraend.

Ligulatae – lepelvormige skutblare.

Speciosae – lang hare aan die punte van die skutblare.

Exsertae – die blomkoppies is klein (ongeveer 8 cm lank), die bome is skraal en onnet en ongeveer 3 m hoog en almal behalwe Protea glabra blom in die herfs. Verbastering tussen die spesies vind maklik plaas.

Pinifoliae – die blare is smal of naaldvormig, die plante is meestal klein en die blomkoppies roosvormig.

Somerreënvalproteas – die blomkwas is langer as die skutblare en hierdie proteas is oor die algemeen nie so mooi soos dié van die winterreënvalstreek nie.

Proteas met ondergrondse stamme word nie verder onderverdeel nie. Proteas is vroeër dikwels as bron van brandstof gebruik, terwyl die tanniene wat uit die bas van sommige Protea- en Leucospermum- spesies verkry is, gebruik is om leer te looi, asook om maagprobleme te behandel.

Die waboom (Protea nitida) was, soos sy naam aandui, 'n belangrike bron van hout vir ossewaens asook vir gebruiksartikels, en die hout word vandag nog vir draaiwerk gebruik. 'n Swart ink waarmee Louis Tregardt na bewering sy dagboek geskryf het, is in die 19e eeu uit die blare van die waboom vervaardig.

Spesies

Spesies wat hoort tot die genus is as volg:

SeksieAlgemene seksienaamSpesieAlgemene spesienaam
craterifoliabuidelproteaProtea effusaBlosrooisuikerbos
craterifoliabuidelproteaProtea namaquanaKamiesbergsuikerbos
craterifoliabuidelproteaProtea pendulaKnikkopsuikerbos
craterifoliabuidelproteaProtea reconditaGesigtoehouprotea
craterifoliabuidelproteaProtea sulphureaHeuningkoeksuikerbos
crinitaeoostelike grondproteaProtea foliosaRuie-suikerbos
crinitaeoostelike grondproteaProtea intonsaKlossie-suikerbos
crinitaeoostelike grondproteaProtea montanaSwartbergsuikerbos
crinitaeoostelike grondproteaProtea tenaxGehardesuikerbos
crinitaeoostelike grondproteaProtea vogtsiaeMarie-se-roossuikerbos
cristataemoorlandproteaProtea asymmetricaInyanga-suikerbos
cristataemoorlandproteaProtea wentzelianaWentzel-se-suikerbos
exsertaewitproteaProtea aurea aureaGeelsuikerbos
exsertaewitproteaProtea aurea potbergensisPotbergsuikerbos
exsertaewitproteaProtea lacticolorWitsuikerbos
exsertaewitproteaProtea mundiiBoswitsuikerbos
exsertaewitproteaProtea punctataWaterwitsuikerbos
exsertaewitproteaProtea subvestitaLippeblomsuikerbos
exsertaewitproteaProtea venustaRotssuikerbos
hypocephalaeknaagdierproteaProtea amplexicaulisAardroos-suikerbos
hypocephalaeknaagdierproteaProtea cordataHartblaargrondsuikerbos
hypocephalaeknaagdierproteaProtea decurrensOverbergsesuikerbos
hypocephalaeknaagdierproteaProtea humifloraGrassuikerbos
hypocephalaeknaagdierproteaProtea subulifoliaNaaldblaarsuikerbos
lasiocephalaesavanna-proteaProtea gaguediGrootsuikerbos
lasiocephalaesavanna-proteaProtea welwitschiiTroshofiesuikerbos
leiocephaleagrasveld proteaProtea caffraHoëveldsuikerbos
leiocephaleagrasveldproteaProtea caffra gazensisManica-suikerbos
leiocephaleaskeerkwasproteaProtea caffra killimandscharicKilimanjaro-suikerbos
leiocephaleaskeerkwasproteaProtea caffra mafingensisMafinga-suikerbos
leiocephaleagrasveldproteaProtea caffra nyaseaMalawi-suikerbos
leiocephaleagrasveld proteaProtea dracomontanaDrakensbergsuikerbos
leiocephaleaskeerkwasproteaProtea glabraKaiingsuikerbos
leiocephaleaskeerkwasproteaProtea inopinaGroottolsuikerbos
leiocephaleaskeerkwasproteaProtea nitidaBlousuikerbos
leiocephaleagrasveldproteaProtea nubigenaWolkesuikerbos
leiocephaleagrasveld proteaProtea parvulaKleinsuikerbos
leiocephaleagrasveldproteaProtea petiolaris elegansSekelblaarsuikerbos
leiocephaleagrasveldproteaProtea petiolaris petiolarisSekelblaarsuikerbos
leiocephaleaskeerkwasproteaProtea rupicolaKranssuikerbos
leiocephaleagrasveldproteaProtea simplexSlanksuikerbos
ligulataelepelskutblaar proteaProtea burchelliiBlinksuikerbos
ligulataelepelskutblaar proteaProtea compactaBotriviersuikerbos
ligulataelepelskutblaar proteaProtea eximiaBreëblaarsuikerbos
ligulataelepelskutblaar proteaProtea longifoliaBegrafnissuikerbos
ligulataelepelskutblaar proteaProtea obtusifoliaBredasdorpsuikerbos
ligulataelepelskutblaar proteaProtea pudensAardroos-suikerbos (Protea pudens)
ligulataelepelskutblaar proteaProtea roupelliae hamiltoniiDwergsilwerblaarsuikerbos
ligulataelepelskutblaar proteaProtea roupelliae roupelliaeSilwerblaarsuikerbos
ligulataelepelskutblaar proteaProtea susannaeStinkblaarsuikerbos
melliferaesuikerbosProtea aristataKleindennesuikerbos
melliferaesuikerbosProtea lanceolataSmalblaarsuikerbos
melliferaesuikerbosProtea repensOpregte suikerbos
microgeantaewestelike grond proteaProtea acaulosAardroos-suikerbos (Protea acaulos)
microgeantaewestelike grond proteaProtea convexaGrootblaarsuikerbos
microgeantaewestelike grond proteaProtea laevisGladde-blaarsuikerbos
microgeantaewestelike grond proteaProtea revolutaGerolde-blaarsuikerbos
microgeantaewestelike grond proteaProtea angustataWyeblaarsuikerbos
obvallataebiskopproteaProtea caespitosaBiskopsuikerbos
paludosaesneeuproteaProtea enervisChimanimani-suikerbos
paracynaroidessneeuproteaProtea cryophilaSneeubalsuikerbos
paracynaroidessneeuproteaProtea pruinosaGeskuurde-suikerbos
paracynaroidessneeuproteaProtea scabriusculaGryssuikerbos
paracynaroidessneeuproteaProtea scolopendriifoliaTongblaarprotea
parvifloraeskalieproteaProtea mucronifoliaKasteelkloofsuikerbos
parvifloraeskalieproteaProtea odorataSwartlandsuikerbos
patentifloraebergproteaProtea angolensis angolensisDwerg-noordelike woudsuikerbos
patentifloraebergproteaProtea angolensis divaricataNoordelike woudsuikerbos
patentifloraebergproteaProtea comptoniiBarbertonse bergsuikerbos
patentifloraebergproteaProtea curvataSerpentynsuikerbos
patentifloraebergproteaProtea laetansBlydesuikerbos
patentifloraebergproteaProtea madiensisTall woodland sugarbush
patentifloraebergproteaProtea rubropilosaTransvaalbergsuikerbos
patentifloraebergproteaProtea rupestrisVuurpylsuikerbos
pinifoliaroosproteaProtea acuminataSederbergsuikerbos
pinifoliaroosproteaProtea canaliculataBergroossuikerbos
pinifoliaroosproteaProtea nanaSkaamroossuikerbos
pinifoliaroosproteaProtea pityphyllaSkaamblomsuikerbos
pinifoliaroosproteaProtea scolymocephalaKleingroenroos
pinifoliaroosproteaProtea witzenbergianaMaanhaarbergroos
proteakoningsproteaProtea cynaroidesKoningsprotea
speciosaebaardproteaProtea coronataGroenhofiesuikerbos
speciosaebaardproteaProtea grandicepsRooisuikerbos
speciosaebaardproteaProtea holosericeaSaagtandsuikerbos
speciosaebaardproteaProtea laurifoliaLouriersuikerbos
speciosaebaardproteaProtea lepidocarpodendronSwartbaardsuikerbos
speciosaebaardproteaProtea lorifoliaRiemblaarsuikerbos
speciosaebaardproteaProtea magnificaWolbaardsuikerbos
speciosaebaardproteaProtea neriifoliaBaardsuikerbos
speciosaebaardproteaProtea speciosaBruinbaardsuikerbos
speciosaebaardproteaProtea stokoeiBlosendesuikerbos
subacaulesdwergpolproteaProtea asperaAardroos-suikerbos (Protea aspera)
subacaulesdwergpolproteaProtea denticulataTandjiessuikerbos
subacaulesdwergpolproteaProtea loreaSneeugrondsuikerbos
subacaulesdwergpolproteaProtea piscinaSkurweblaarsuikerbos
subacaulesdwergpolproteaProtea restionifoliaBruingrondsuikerbos
subacaulesdwergpolproteaProtea scabraSkurweblaargrondsuikerbos
subacaulesdwergpolproteaProtea scorzonerifoliaKanaalblaarsuikerbos
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.