Suideroord
Suideroord is 'n voorstad van Johannesburg wat in die administratiewe Streek F, sowat 8 km suid van die middestad, geleë is. Suideroord beslaan 'n oppervlakte van 1,54 km², terwyl die bevolking in die sensus van 2011 as 3 556 bepaal is. Die voorstad word verder verdeel in twee woonbuurte, Suideroord-Noord en Suideroord-Suid. Suideroord is oorspronklik in die 1970's as 'n blanke woonbuurt ontwikkel.[1]
Suideroord | |
---|---|
Suideroord Suideroord se ligging in Gauteng | |
Koördinate: 26°16′19″S 28°1′40″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,41 km2 (0,54 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 3 556 |
• Digtheid | 2 522/km2 (6 530/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 35,2% |
• Indiërs/Asiërs | 17,2% |
• Bruin mense | 11,8% |
• Swart mense | 33,3% |
• Ander | 2,5% |
Taal (2011) | |
• Engels | 57,0% |
• Afrikaans | 13,6% |
• Zoeloe | 10,0% |
• Sotho | 5,1% |
• Ander | 2,5% |
Poskode (strate) | 2091 |
Noemenswaardige geboue in Suideroord sluit die Anglikaanse St Andrews-kerk in Burgerstraat in.[2] Honderde Afrikaner-slagoffers van 'n Britse konsentrasiekamp, wat tydens die Anglo-Boereoorlog op die terrein van die Turffontein-renbaan ingerig is, het hul laaste rusplek in Suideroord gevind.[3][4] Die begrafnisterrein is in die vorm van sewe groot doodkiste ontwerp.
Verwysings
- Community Development - The South African Scene. C. van Rensburg Publications 1979, bl. 51
- St Andrews Anglican Church Mondeor
- www.joburg.org.za: History told in graves. Besoek op 27 Maart 2016[dooie skakel]
- "tame TIMES, 21 Julie 2015: Restoring history. Besoek op 27 Maart 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2015. Besoek op 27 Maart 2016.