Suidelike Shetlandeilande

Die Suidelike Shetlandeilande (Engels: South Shetland Islands, Spaans: Islas Shetland del Sur) is 'n eilandgroep naby die Antarktiese Skiereiland tussen die Suidelike Atlantiese Oseaan in die noorde en die Suidelike Oseaan in die suidooste. Die Suidelike Shetlandeilande is in die suidooste van Suid-Amerika tussen die Drakedeurgang in die noordweste, die Scotiasee in die noordooste en die Weddellsee in die suidooste geleë. In die noordweste is Vuurland met Kaap Hoorn, in die noorde die Falkland-eilande en in die noordooste Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande geleë.

Ligging van die Suidelike Shetlandeilande
Spaanstalige kaart van die Drakedeurgang tussen die Suidelike Shetlandeilande en Suid-Amerika
Topografiese kaart van die Livingston-, Greenwich-, Robert-, Snow- en Smith-eilande
Suidelike Shetlandeilande
Kaart van die Suidelike Shetlandeilande
Kaart van die Suidelike Shetlandeilande
Geografie
LiggingAntarktika, Suidelike Oseaan
Suidelike Atlantiese Oseaan
Koördinate62°00′S 58°00′W

HoofeilandeKing George Island
Oppervlakte4 700 vk km (1 800 vk myl)
Hoogste puntBerg Foster 2 105 m (6 906 voet)
Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Oorsese gebied Brits-Antarktiese Gebied

Vlag van Argentinië Argentinië
Provinsie Argentyns-Antarktika

Vlag van Chili Chili
Provinsie Antártica Chilena

Demografie
Bevolking0

Geadministreer onder die Antarktiese Verdrag

Die Suidelike Shetlandeilande word deur Argentinië (Argentyns-Antarktika), Chili (Antártica Chilena) en die Verenigde Koninkryk (Brits-Antarktiese Gebied) opgeëis en tot hul Antarktis-gebied gereken, maar omdat dit volgens internasionale reg nie erken word nie, val die eilande soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktis-verdrag. Die Suidelike Shetlandeilande is na Shetland, 'n eilandgroep voor die kus van Skotland, genoem.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suidelike Shetlandeilande.
  • (en) Toerisme-inligting oor South Shetland Islands op Wikivoyage
  • (en) "South Shetland Islands". Encyclopædia Britannica. Besoek op 4 April 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.