Suid-Pohjanmaa
Suid-Pohjanmaa (Fins: Etelä-Pohjanmaa, Sweeds: Södra Österbotten) is 'n administratiewe streek in Finland. Die streek word begrens deur Sentraal-Pohjanmaa in die noorde, Sentraal-Finland in die ooste, Pirkanmaa in die suide, Satakunta in die suidweste en Pohjanmaa in die weste.
Noord-Pohjanmaa beslaan 'n landoppervlakte van 13 444 km² en het 'n bevolking van 188 190 in 2019 gehad.[1] Die streek het 17 munisipaliteite waarvan agt stadstatus het. Die grootste stad en administratiewe hoofstad van die streek is Seinäjoki. Ander groot nedersettings is Kurikka, Kauhava en Lapua. Suid-Pohjanmaa is ook bekend as een van die belangrikste landboustreke in Finland.
Verwysings
- (fi) "Väestörakenteen ennakkotiedot muuttujina Kuukausi, Alue, Sukupuoli, Ikä ja Tiedot". Tilastokeskus. 25 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2020. Besoek op 15 November 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.