Suid-Asië
Suid-Asië of Suidelike Asië is 'n geografiese gebied in die suide van Asië. Die gebied word in die noordooste, noorde en die noordweste deur hoë gebergtes soos die Himalaja van die res van Asië geskei. Dit word soms ook die Indiese subkontinent genoem. Gewoonlik word die volgende lande hierby ingesluit:
- Die lande op die vasteland: Afghanistan, Indië, Pakistan, Nepal, Bhoetan en Bangladesj; en
- Die lande in die Indiese Oseaan: Sri Lanka en die Maledive.
Suid-Asië
Oppervlak | 5 200 000 km² |
---|---|
Bevolking | 1 750 765 005 (2013) |
Lande | 8 (Afghanistan, Bangladesj, Bhoetan, Indië, Maledive, Nepal, Pakistan en Sri Lanka) |
Tale | Austro-Asiaties, Drawidies, Indo-Aries, Irannes, Sino-Tibettaans en baie ander |
Tydsones | UTC+04:30 (Afghanistan) tot UTC+06:00 (Bangladesj) |
Hoofstede | Colombo Dhaka Islamabad Kaboel Katmandoe Malé Nieu-Delhi Thimphu |
Volgens 'n statisties departement die Verenigde Nasies word Iran, slegs vir sommige van sy eie statistiese doeleindes, ook by die substreek ingesluit.
Hoewel Tibet deel van die Volksrepubliek China is, word dit om kulturele redes soms ook by Suid-Asië ingesluit.
Suid-Asië beslaan ongeveer 5,2 miljoen km², wat ongeveer 10% van Asië se oppervlak is. Dit is een van die armste streke ter wêreld, waar ongeveer 20% van die wêreldbevolking woon.
Indië, Pakistan, Bangladesj, Sri Lanka, Nepal, Bhoetan en die Maledive behoort sedert 1985 aan die Suid-Asiatiese Vereniging vir Plaaslike Samewerking (Engels: South Asian Association for Regional Cooperation, kort SAARC). Afganistan het in 2007 by die organisasie aangesluit.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Asië.
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |