Suid-Afrikaanse referendum van 1960
Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1960 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om vír of téén republiekwording te stem. Die stemming het op 5 Oktober 1960 plaasgevind. Die uitkoms was 'n rakelingse oorwinning vir die republikeine. Op 31 Mei 1961 het die Unie van Suid-Afrika tot 'n einde en die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Die dag is as republiekdag gedenk tot die vakansiedag in 1994 afgeskaf is.

Uitslag: Groen ten gunste; rooi teen republiekwording

Charles Swart, die laaste goewerneur-generaal (1959–1961) en eerste staatspresident (1961–1967) van Suid-Afrika
Resultate
Vraag:
- Is u ten gunste van 'n Republiek vir die Unie? (Afrikaans)
Are you in favour of a Republic for the Union? (Engels)[1]
Keuse | Stemme | % |
---|---|---|
Vir | 850 458 | 52,29 |
Teen | 775 878 | 47,71 |
Bedorwe/ blanko stemme | 7 904 | – |
Totaal | 1 634 240 | 100 |
Geregistreer/ stempersentasie | 1 800 426 | 90,77 |
Bron: Direct Democracy |
Per provinsie
Provinsie | Vir | Teen | Bedorwe stemme |
Totaal | Geregistreer | Persentasie opkoms | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Stemme | % | Stemme | % | |||||
Kaapprovinsie | 271 418 | 50,15 | 269 784 | 49,85 | 2 881 | 544 083 | 591 298 | 92,02 |
Natal | 42 299 | 23,78 | 135 598 | 76,22 | 688 | 178 585 | 193 103 | 92,48 |
Oranje-Vrystaat | 110 171 | 76,72 | 33 438 | 23,28 | 798 | 144 407 | 160 843 | 89,78 |
Suidwes-Afrika | 19 938 | 62,39 | 12 017 | 37,61 | 280 | 32 235 | 37 135 | 86,80 |
Transvaal | 406 632 | 55,58 | 325 041 | 44,42 | 3 257 | 734 930 | 818 047 | 89,84 |
Bron: Direct Democracy |
Verwysings
- (en) Joyce, Peter (2007). The making of a nation : South Africa's road to freedom. Kaapstad: Zebra Press. p. 120. ISBN 9781770073128. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2012. Besoek op 22 Maart 2014.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.