Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989

Volksraad

Die stryd om die verkiesing van die nuwe Volksraad was hoofsaaklik tussen die Nasionale Party van die hervormingsgesinde Staatspresident F.W. de Klerk en die vernaamste opposisieparty, die Konserwatiewe Party van Andries Treurnicht wat teen enige hervorming van die stelsel was, en die liberale Demokratiese Party van Zach de Beer.

Dit was redelik seker dat NP die verkiesing sou wen, maar binne die party was daar vrees vir 'n groot verlies ten gunste van die KP van Treurnicht. Hoewel die NP setels verloor het, het die party weer 'n gemaklike meerderheid behaal. Die ultrakonserwatiewe Herstigte Nasionale Party (HNP) van Jaap Marais, wat 'n terugkeer na Verwoerdiaanse apartheid bepleit het, het ondersteuning aan die KP verloor, en kon weer nie daarin slaag om 'n setel te wen nie.

Na aanleiding van die uitslag het president De Klerk gesê dat die meerderheid van die land se blanke kiesers sy hervormingsbeleid steun.[1]

Uitslag

Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1989-verkiesing

 Nasionale Party: 103 setels

 Konserwatiewe Party: 41 setels

 Demokratiese Party: 34 setels

PartyLeier %SetelsVerskil
Nasionale PartyFrederik Willem de Klerk48,19%103-21
Konserwatiewe PartyAndries Treurnicht31,52%41+19
Demokratiese PartyZach de Beer20%34+15
Herstigte Nasionale PartyJaap Marais0,25%0-
Onafhanklikes0%0-
Totaal100%178+11
  • Opkoms: 69%

Raad van Verteenwoordigers

Die opkoms vir die verkiesing vir 'n nuwe Raad van Verteenwoordigers was weer laag: 18%. Die Arbeidersparty van Allan Hendrickse, sterk gekant teen apartheid, het weer met 'n groot meerderheid gewen. Die party het wel 7 setels verloor, hoofsaaklik aan die Demokratiese Hervormingsparty, die Verenigde Demokratiese Party en die onafhanklike kandidate.

Uitslag

Setels in die Raad van Verteenwoordigers na die 1989-verkiesing

 Arbeidersparty: 69 setels

 Demokratiese Hervormingsparty: 5 setels

 Verenigde Demokratiese Party: 3 setels

 Onafhanklikes: 2 setels

 Vryheidsparty: 1 setel

Party %SetelsVerskil
Arbeidersparty65%69-7
Demokratiese Hervormingsparty15,20%5+5
Onafhanklikes9,40%2+2
Verenigde Demokratiese Party7,60%3+3
Vryheidsparty0,74%1-
Totaal100%80
  • Stempersentasie: 18

Raad van Afgevaardigdes

Die Indiërs het soos die Kleurlinge hul stemme vir partye teen apartheid gegee. Solidarity, die belangrikste party, verloor weliswaar een setel, maar bly met 19 setels wel die grootste party. Die party het nie 'n meerderheid behaal nie, en het 'n koalisie met ander partye gevorm. Die Nasionale Volksparty het die meeste setels afgestaan en verloor 12 setels.

Uitslag

Party %Setels
Solidarity37,6%19
Nasionale Volksparty24,9%9
Onafhanklikes15,6%6
Demokratiese Party6,7%3
Nasionale Federale Party5,2%1
Volksparty van Suid-Afrika3,9%1
Verenigde Party1,8%0
Merit Volksparty1,3%4
Progressiewe Onafhanklike Party1%0
Vryheidsparty0,74%2
Republikeinse Party0,74%0
Totaal100%45
  • Stempersentasie: 23

Verwysings

  1. Winkler Prins Encyclopedisch Jaarboek 1990, red. Winkler Prins, bl. 311
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.