Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1981

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1981 het op 28 Januarie 1981 plaasgevind. Die Nasionale Party onder Eerste Minister P.W. Botha het weer 'n oorweldige oorwinning behaal.


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Botha het die verkiesing vroeg aangekondig te rede van die stryd tussen die sogenaamde "verligtes" ("verligte konserwatiewes" onder die leiding van Botha) en die "verkramptes" (konserwatiewes onder die leiding van Andries Treurnicht) binne die regerende Nasionale Party oor die hervorming van die regering.[1]

Die NP het 131 van die 165 setels gewen. Die ultrakonserwatiewe Herstigte Nasionale Party van Jaap Marais het sterk vertoon en 14,09% van die stemme behaal, maar kon weer nie slaag om 'n setel te wen nie. De opposisie Progressiewe Federale Party van Frederik van Zyl Slabbert, sterk gekant teen apartheid, het sy aantal setels van 17 tot 26 opgestoot. Die Nuwe Republiekparty het verder teruggeval, en het 2 setels verloor.

Uitslag

Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1981-verkiesing

 Nasionale Party: 143 setels

 Progressiewe Federale Party: 27 setels

 Nuwe Republiekparty: 8 setels

PartyLeier %SetelsVerskil
Nasionale PartyPieter Willem Botha56,96%131-3
Progressiewe Federale PartyFrederik van Zyl Slabbert19,44%26+9
Herstigte Nasionale PartyJaap Marais14,09%0-
Nuwe RepubliekpartyVause Raw7,82%8-2
Ander1,68%0-1
Totaal100%165-1

Verwysings

  1. Winkler Prins Encyclopedisch Jaarboek 1982, deur: red. Winkler Prins, bl. 337
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.