Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1921

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1921 het op 8 Februarie 1921 plaasgevind. Die verkiesing was noodsaaklik na die uitreding van die Engelstalige Unionisteparty uit die kabinet van Jan Smuts. Die kombinasie van die Suid-Afrikaanse Party en die Unionisteparty (SAP-UP) het 79 setels gewen en was die grootste party. Die Afrikaner-nationalistiese Nasionale Party het ook een meer setel gewen, en 45 in totaal gewen. Die grootse verliese was deur die Arbeidersparty (-12) en onafhanklikes (-2). Smuts het dus 'n nuwe kabinet gevorm.


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Uitslag

Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1921-verkiesing

 Suid-Afrikaanse Party: 79 setels

 Nasionale Party: 45 setels

 Arbeidersparty: 9 setels

 Onafhanklikes: 1 setel

Party %Setels
Suid-Afrikaanse Party-Unionisteparty48,17%79
Nasionale Party36,83%45
Arbeidersparty13,82%9
Onafhanklikes1,19%1
Totaal100%134

Nasleep

Die staking van blanke mynwerkers in die Witwatersrand in 1922 het die regering ernstig gediskrediteer, en die Nasionale Party en Arbeidersparty het sterk ondersteuning van armblankes gewen. Een van die leiers van die opposisie Nasionale Party, Tielman Roos, het kontak gemaak met F.H.P. Creswell, die leier van die Arbeidersparty en onderhandelinge begin wat uiteindelik gelei het tot 'n koalisie tussen die Arbeidersparty en die Nasionale Party, die sogenaamde Pakt-regering.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.