Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1920
Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1920 het op 10 Maart 1920 plaasgevind,[1] en was die eerste verkiesing na die Eerste Wêreldoorlog in die Unie van Suid-Afrika. Die verkiesing is deur die Nasionale Party van generaal J.B.M. Hertzog gewen, maar Hertzog kon nie daarin slaag om 'n kabinet te vorm nie, en Jan Smuts, leier van die Suid-Afrikaanse Party, met ondersteuning van die Engelstalige Unionisteparty, het toe 'n regering gevorm. Later in die jaar het die Unionisteparty uit die regering bedank, en 'n nuwe verkiesing moes gehou word.
Uitslag

Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1920-verkiesing
Suid-Afrikaanse Party: 41 setels
Unionisteparty: 25 setels
Nasionale Party: 44 setels
Arbeidersparty: 21 setels
Onafhanklikes: 3 setels
Party | % | Setels |
---|---|---|
Nasionale Party | 36,48% | 44 |
Suid-Afrikaanse Party | 32,62% | 41 |
Unionisteparty | 14,03% | 25 |
Arbeidersparty | 14,64% | 21 |
Onafhanklikes | 2,16% | 3 |
Totaal | 100% | 134 |
Verwysings
- "The South African General Election was held on March 10th". The Spectator (in Engels). London. 20 Maart 1920. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 21 Februarie 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.