Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum
Die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum is 'n militêre lugvaartmuseum vir die versameling, bewaring, herstel en uitstalling van artikels en rekords wat verband hou met die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Die museum het drie takke: Lugmagbasis Swartkop buite Pretoria, Lugmagbasis Ysterplaat in Kaapstad en by die lughawe in Port Elizabeth.
Harvard IIa '7111' by die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum, Swartkop | |
Plek | Lugmagbasis Swartkop, Centurion Lugmagbasis Ysterplaat, Kaapstad Port Elizabeth-lughawe |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Openingsjaar | 1973 |
Geopen deur | Kol. P.J.M. McGregor |
Tipe museum | Militêre lugvaartmuseum |
Webtuiste | The South African Air Force Museum |
Geskiedenis
Die Minister van Verdediging het op 26 Oktober 1973 toestemming gegee vir die vestiging van 'n Lugmagmuseum. Kol. P.J.M. McGregor was die eerste bevelvoerder van die museum.[1]
Fotogalery
- LEO-vuurpul
- Replika van 'n Patterson Nommer 2-dubbeldekker
- Cheetah C
- 'n Blackburn Buccaneer met ammunisie en radarstelsel
- Vegvliegtuie op uitstalling
- Shackleton 1722
- Mirage F1
- Uitstalling by Ysterplaat
- 'n North American T-6 Texan wat gerestoureer word.
- Skimmerfoil Jorg IV
- 'n Airspeed Oxford onder restourasie
Verwysings
- "The History of the SAAF Museum" (in Engels). saafmuseum.org.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2019. Besoek op 2 Maart 2017.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.