Suid-Afrikaanse Lugmag
Die Suid-Afrikaanse Lugmag is die lugkomponent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en van sy voorganger die Suid-Afrikaanse Weermag. Die lugmag staan amptelik bekend as die South African Airforce (SAAF) met sy hoofkwartier in Pretoria. Die Suid-Afrikaanse Lugmag is op 1 Februarie 1920 gestig.
Suid-Afrikaanse Lugmag | |
---|---|
![]() Kenteken van die Suid-Afrikaanse Lugmag met die Latynse leuse Per aspera ad astra | |
Gestig | 1 Februarie 1920 |
Land | Suid-Afrika |
Onderdeel van | Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag |
Tipe | Lugmag |
Spesialisasie | Lugoppergesag, Lugverdediging |
Aantal lede | 10 815 aktiewe personeel 831 reserwe personeel |
Uitrusting | 229 vliegtuie |
Veldslae | Tweede Wêreldoorlog Korea-oorlog Suid-Afrikaanse Grensoorlog Namibiese Onafhanklikheidsoorlog |
Die lugmag het in die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse oorlog diens gedoen. Vanaf 1966 was die lugmag betrokke by die verskaffing van infanterie-ondersteuning in 'n oorlog met 'n lae intensiteit ("die Grensoorlog") in Angola, Suidwes-Afrika (Namibië) en Rhodesië. Namate die oorlog gevorder het, het die intensiteit van lugoperasies toegeneem totdat die lugmag in die laat tagtigerjare verplig was om vegvliegtuie teen Angolese vliegtuie in te span om taktiese meerderwaardigheid in die lug te handhaaf. Na afloop van die Grensoorlog in 1990 is die getalle van die vliegtuie drasties verminder as gevolg van finansiële druk en die staking van vyandelikhede met buurstate.
Die SALM het deesdae 'n beperkte luggevegsvermoë en is gestruktureer vir vredesbewaring, ramphulp en maritieme patrollie. Gedurende die apartheidsera was dit bekend onder die Afrikaanse naam Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM), 'n afkorting wat nie meer algemeen gebruik word nie. Die Suid-Afrikaanse Lugmag se Latynse leuse is Per aspera ad astra ("deur ontberings na die sterre").[1]
Huidige lugvaartuie
Lugvaart | Oorsprong | Rol | Aantal gebruik | Notas |
---|---|---|---|---|
Saab Gripen C en D | ![]() |
Multirolvegter | 26 | [2][Nota 1] |
British Aerospace Hawk Mk.120 | ![]() ![]() |
Opleiding / Ligte aanval | 24 | [Nota 2] |
Pilatus PC-7 Mk.II | ![]() |
Opleiding | 60 | [Nota 3][3] |
Atlas Oryx MK.I & MK.II | ![]() |
Vervoerhelikopter | 38 | [4] |
Denel Rooivalk Mk.I | ![]() |
Aanvalshelikopter | 11 | [Nota 4][6] |
MBB/Kawasaki BK 117 | ![]() ![]() |
Nutshelikopter | 3-6 | [7][Nota 5] |
Agusta A109 LUH | ![]() |
Nutshelikopter | 29 | |
Westland Super Lynx Mk.300 | ![]() |
Maritieme helikopter | 4 | [Nota 6] |
Lockheed C-130BZ Hercules | ![]() |
Vervoer | 9 | [Nota 7] |
Douglas C-47TP Dakota | ![]() |
Maritieme patrollie / vervoer / vroeë waarskuwing | 10 | [Nota 8] |
Cessna 208B | ![]() |
Nuts / waarneming | 11 | [Nota 9][10] |
Beechcraft Super King Air 200/300 | ![]() |
Vervoer | 4 | |
Pilatus PC-12 | ![]() |
Vervoer | 1 | [Nota 10] |
CASA C-212-200 & 300 Aviocar | ![]() |
Vervoer | 3 | |
Boeing 737 | ![]() |
Presidensiële vervoer | 1 | |
Dassault Falcon 900 | ![]() |
BBP-vervoer | 1 | |
Dassault Falcon 50 | ![]() |
BBP-vervoer | 2 | |
Cessna 550 Citation | ![]() |
BBP-vervoer | 2 |
Lugmagvaandel
1940–1951
1951–1958
1958–1967
1967–1970
1970–1981
1981–1982
1982–1994
1994–2003
- 2003-
Rondeel
- 1920–1927
- 1927–1947
- 1947–1958
- 1958–1981
- 1958–1981
(lae sigbaarheid) - 1981–1982
- 1982–2003
(lae sigbaarheid) - 1982–2003
- 2003-huidig
(lae sigbaarheid) - 2003-huidig
Galery
Sien ook
Notas
- 9 Gripen D met tweesitplekke en 17 Gripen met enkelsitplekke afgelewer van 2008–2012, vervang die Atlas Cheetahs.
- Alle vliegtuie behalwe die vlugtoets en ontwikkelingsvliegtuie gebou by Denel se fabriek by O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
- 35 se avionika word opgegradeer. Sewe verloor. 18 "Astras" was nie opgegradeer nie en sal verkoop word
- 1 verloor in ongeluk.[5]
- Bekom van die apartheidsera-tuislande, die Ciskei het 3 in 1983, Venda 2 in 1985, Transkei 2 in 1986 en Bophuthatswana 2 in 1987 bekom, dit kom te staan op 'n totaal van 10 met 'n ekstra een bekom van Brasilië. Twee word bewaar by LMB Bloemspruit. 3 Verlore
- Opereer vanaf die Suid-Afrikaanse Vloot Valourklas fregatte.
- Avionika word opgegradeer in terme van Projek Ebb afgehandel in Maart 2008. 4 kan nie gebruik word nie weens befondsing probleme.
- In terme van Projek Felstone, is die eerste C-47TP "TurboDak" in Augustus 1991 vrygestel en voltooi teen 1997 met produksielyne by LMB Swartkop en LMB Ysterplaat. 5 maritieme patrollies, 3 vervoer, 2 elektroniese oorlogvoering.
- Word toegerus met die Denel infrarooi stelsel onder Project Koiler in 2008. Twee verloor in 2011 en 2014.[8][9]
- Primêr gebruik vir BBP vervoer.
Verwysings
- (en) "South African Air Force". Corporate Identity. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2012. Besoek op 7 Junie 2012.
- DefenceWeb – Gripens arrive at last.
- Martin, Guy (September 2013). "SAAF PC-7 Upgrade Complete". Air International. 85 (3).
- South Africa. defenceWeb. URL besoek op 2014-06-25.
- (en) "The South African Air Force". Saairforce.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2019. Besoek op 15 Maart 2013.
- Final Rooivalk Handover Cements Relationship Between Denel and SAAF – Defenceweb.co.za, 13 Maart 2013
- Isby, David C. (September 2013). "South African AW109's Grounded". Air International. 85 (3).
- "Caravan crash victims named". defenceWeb.co.za. defenceWeb. Besoek op 25 Junie 2014.
- DefenceWb – SAAF C208 crash-lands
- Fact file: Cessna C208 Caravan. defenceWeb (2010-02-01). URL besoek op 2014-06-25.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Suid-Afrikaanse Lugmag. |