Suid-Afrikaanse Klas 14E
Die Suid-Afrikaanse Klas 14E van 1991 is 'n Suid-Afrikaanse elektriese lokomotief van die Spoornet-era.
No. 14-002 te Stikland, Kaapstad, 15 Augustus 2006 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | 50 c/s Group |
Vervaardiger | Swiss Locomotive and Machine Works |
Serienommer | 50 c/s 16657-1-1/1988 tot 16657-1-3/1988 SLM 5415-5417 |
Model | 50 c/s Group 14E |
Klas | Klas 14E [1] |
Vervaardig | 1988 |
Aantal gebou | 3 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Bo-Bo |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 3.1 m wielbasis 18 t massa |
Min. draaisirkel | 85 m radius |
Wielbasis | 12.4 m |
Lengte | 18.5 m |
Breedte | 2.973 m |
Hoogte | 4.12 m pantograwe neer |
Asbelasting | 23 125 kg |
Lokomotiefmassa | Bakwerk 18 t Totaal 92 500 kg |
Kragverkryging | Pantograaf |
Traksiemotors | Vier Siemens ITB2 820-OGA03 [2] |
Transmissie | 20/103 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 140 km/h |
Kraglewering | Per motor: 1020 kW deurlopend Totaal: 4080 kW deurlopend |
Trekkrag | 300 kN wegtrek 198 kN 1 uur 194 kN deurlopend teen 72 km/h |
Lokomotiefremme | Reostaties |
Lug | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Spoornet Transnet Freight Rail |
Kragklas | Beide 3 kV DC & 25 kV AC |
Aantal in klas | 3 |
Vlootnommer(s) | 14-001 tot 14-003 |
Afleweringsdatum | 1990 |
Eerste tog | 1991 |
In 1990 het Spoornet ontvangs geneem van drie prototipe Klas 14E dubbelspanning elektriese hooflynlokomotiewe met 'n Bo-Bo-wieluitleg. Dit was die eerste dubbelspanning 3 kV DC en 25 kV AC lokomotiewe op Suid-Afrikaanse spoorlyne toe dit in 1991 in diens geplaas is. Hulle is in 1994 gevolg deur tien plaaslikvervaardigde Klas 14E1-lokomotiewe.[1]
Vervaardiger
In Januarie 1984 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR) tenders ingewag vir ses prototipe Klas 14E lokomotiewe. Hierdie was bedoel om dubbelspanning 3 kV DC en 25 kV AC lokomotiewe te wees met selfstuur onderstelle en ten volle gesuspendeerde AC traksiemotors, met 'n 3800 kW kraglewering plus 400 kW om beskikbaar te wees vir die treindienste soos verwarming. Die maksimum snelheid moes ten minste 160 km/h wees met 'n maksimum asbelading van 22 ton. [3]
Slegs drie prototipe lokomotiewe is uiteindelik gebou en afgelewer in 1990. Die 3 kV DC/25 kV AC dubbelspanning Klas 14E-elektriese lokomotief is ontwerp deur die 50 c/s Groep wat bestaan uit SA Ateliers de Constructions electriques de Charleroi (ACEC) van België, AEG-Telefunken en Siemens van Duitsland, Alstom-Atlantique van Frankryk, en Brown Boveri van Switserland. Hulle is deur Swiss Locomotive and Machine Works (SLM) in Winterthur (30 km van Zürich) gebou.
Kleure geïllustreer
Die Klas 14E-lokomotiewe was in oranje, grys en rooi kleure geverf, uniek aan die klas. Die Spoornetembleem op die kante met "SPOORNET" onder die embleem gestileer, soos vertoon op die hooffoto, was net van toepassing op no. 14-002, waarskynlik tydens herstelwerk of 'n diens dieselfde tyd toe die rooi laer kante oranje geverf is met donkergrys vensterrame. Slegs no. 14-001 oorleef lank genoeg om die gesogte Bloutreinkleure in 2012 te ontvang.
- No. 14-001 nog in sy oorspronklike kleurskema in Bellville, Kaapstad, 6 Junie 2010
- No. 14-003 se boegies word verwyder vir verdere gebruik te Bellville, 27 Junie 2009
- 'n Klas 14E boegie, Bellville, Kaapstad, 27 Junie 2009
- No. 14-003 sonder 'n onderstel rus op dwarslêers by die Bellvilledepot, 18 Julie 2009
- No. 14-001 in Bloutreinkleure te Beaufort-Wes, Wes-Kaap, 9 Mei 2013
Verwysings
- South African Railways Index and Diagrams Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975, soos gewysig
- Class 14E1 – Principal Dimensions and Technical Data (TFR blaadjie gebruik tydens dryweropleiding, 2010)
- Paxton, Leith & Bourne, David: Locomotives of the South African Railways, p. 134. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 14E.