Studenteraad
'n Studenteraad (SR) is 'n verkose vergadering van studente aan 'n universiteit of ander tersiêre instelling. 'n Studenteraad verteenwoordig die belange van die studentegemeenskap en lê dit voor aan die universiteit se bestuur. Hulle verteenwoordig ook die instansie by nasionale en internasionale studenteliggame. Studente kies gewoonlik 'n voorsitter, ondervoorsitter en ampsdraers uit eie geledere. Naas die pligte wat aan die studenteraad opgelê word, word sekere voorregte ook aan lede toegeken.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.