Stromae
Paul van Haver (gebore 12 Maart 1985), beter bekend onder sy verhoognaam Stromae, is 'n Belgiese sanger-liedjieskrywer en kletsrymer. Stromae het in 2009 die publieke oog betree met sy liedjie "Alors on danse" (van die album Cheese), wat 'n nommer een in verskeie Europese lande geword het.
Stromae | |
---|---|
Stromae in 2014 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Paul van Haver |
Gebore | 12 Maart 1985 Brussels, België |
Genres | Hip-hop, synthpop, huis, elektronies |
Beroep(e) | Musikant |
Jare aktief | 2000–hede |
Webwerf | Amptelike webwerf |
Stromae is in 1985 tot 'n Belgiese ma en 'n Rwandese pa in Brussels, België gebore. Sy pa is tydens die 1994 Rwandese volksmoord vermoor. Tydens sy tienerjare het hy en sy vriende 'n klein kletsrymgroep gestig. Sy vroeë invloede het die Belgiese sanger-liedjieskrywer Jacques Brel, son cubano en Kongolese rumba ingesluit.[1]
Diskografie
Ateljee-albums
- Cheese (2010)
- Racine carrée (2013)
- Multitude (2022)
Verwysings
- Stromae’s Music Delves Into Dark Topics. His Return Is Right on Time. (Engels). The New York Times (28 Februarie 2022). URL besoek op 2 November 2023.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stromae.
- www
.stromae .com
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.