Strepie

Die strepie (Sarpa salpa) is 'n vis wat aangetref word aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus, maar ook noordwaarts tot in die Middellandse See. Aan die suidkus staan dit ondermeer ook as die mooinooientjie bekend. In Suid-Afrikaanse Engels word dit strepie, bamboo-fish of stinkfish genoem.[1]

Strepie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Sarpa
Spesie:
S. salpa
Binomiale naam
Sarpa salpa
(Linnaeus, 1758)

Verspreiding

In die suide word dit veral aangetref vanaf Kaapstad tot by Maputo, maar noordwaarts is dit ook plek-plek te vinde langs die wes-Afrikaanse kuslyn tot in die Middellandse See.

Voorkoms

Die vis is silwer van kleur met 8-10 geel strepies oor die sye van die vis. Die gemiddelde groote van die vis is 20 cm maar kan tot 30 cm/1.3 kg groot word.

Habitat

Die vis hou meer in die vlak water en in getypoele en seegras-beddings in strandmere. Hulle word normaalweg manlik gebore en verander hul geslag na vroulik na ongeveer twee jaar. Hulle skiet kuit van April tot September in KwaZulu-Natal.

Benutting

Die vis is eetbaar wanneer dit nog vars is, maar word hoofsaaklik gebruik vir aas.

Sien ook

Bronne

  • First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakel

  1. mooi nooitje, noun phrase, DSAE Dictionary of South African English
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.